Tuis

DOEN DIT SELF!

-

WWaar die Dayas van ’n kontrakteu­r gebruik gemaak het, het Grant Gush van Monte Vista in 2016 sy eie dek gebou as deel van ’n groter opknapproj­ek wat die kombuis en onthaaldee­l ingesluit het.

Hy het Red Grandis-hardehout vir die oppervlak en dennehout vir die steunstruk­tuur gebruik; die drabalke is met gegalvanis­eerde stutte aan die regop pale geheg. Aangesien hul erf skuins na onder van die huis af loop, het Grant besluit om ’n muur van skanskorwe langs die dek te bou sodat die steunstruk­tuur nie van die tuin af sigbaar is nie. “Boonop kon ons toe sommer ook ’n sitplek inbou!” sê hy.

’n Goeie fondasie

Om seker te maak jou dek is stewig, moet jy dit op pale en draers plaas. Raadpleeg jou dekplan om uit te vind hoe diep die gate vir die pale moet wees. Giet beton in die gate en plant die pale; wag dan 48 uur dat die beton kan hard word. Jy kan ’n bout bo in elke paal anker, of sit ’n staaf van gegalvanis­eerde staal saam met die paal in die beton, en heg die dek se steunstruk­tuur (draers) daaraan. Nadat jy die draers geïnstalle­er het, word die dwarsbalke bo-oor vasgeskroe­f. Saam vorm dit ’n stewige fondasie vir jou dek.

Onderhoud

As jy jou dek in die beste toestand wil hou, moet die meeste houtsoorte gereeld – of wanneer dit begin droog lyk – behandel word. Grant wou die natuurlike voorkoms van die hout behou en het sy dek met Galseal-olie (te koop by Somerset Timbers) in die kleur Oak behandel; dit moet elke 12–18 maande aangewend word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa