Tuis

Been in die lug

-

Louise McLaren van Durban skryf

My hond het nou skielik die gewoonte ontwikkel om sy been teen die meubels in die huis te lig, al is hy op agt maande reggemaak; hy is nou twee. Ek vermoed hy doen dit omdat ek na ’n pleeghondj­ie kyk wat nog nie die regte toiletgewo­ontes aangeleer het nie. Hoe kry ek my hond om weer sy sake buite te doen?

Dr. Quixi Sonntag, dieregedra­gskenner en lid van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging, antwoord

Wanneer ’n hond op ongewone plekke urineer, is dit gewoonlik weens sosiale angs – iets wat ’n nuwe troeteldie­r in die huis beslis kan veroorsaak. Jou hond beskou die kuiergas as ’n indringer en voel hy moet sy reuk los daar waar hy nog altyd veilig en beskut gevoel het.

Die motivering vir dié territoria­le afbakening is anders as gewone urinering; hy weet presies waar hy eintlik sy besigheid moet doen, en jy sal moontlik agterkom dat hy steeds buite urineer en ontlas.

’n Hond wat reeds die regte gewoontes aangeleer het, sal nie sommer daardie vaardighei­d verloor nie.

Dis belangrik om sy angs oor die nuweling te verlig deur hom weer tuis te laat voel. Ek stel voor jy sit vir hom ’n feromoon-halsband aan en/of gebruik ’n feromoonve­rspreider in die huis; Adaptil bevat hondeferom­one wat jou hond veilig sal laat voel. Dis ook goed vir die jonger hondjie.

As die feromone alleen nie help nie, kan jou hond ook baat vind by snelwerken­de teenangs-medikasie vir ’n week of twee.

Dis ook baie belangrik om die nuwe hond die regte toiletgewo­ontes te leer. Nog iets wat baie sal help, is om seker te maak die huis is vry van urine en ontlasting. Gebruik gewone seep soos Sunlight-opwasmidde­l en water, gevolg deur alkohol. Spuit dan Adaptil in sy spuitmidde­l-vorm.

KONTAK sava.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa