Tuis

So het sy haar tuin uitgelê

-

“Eers het ek die tuin in vier dele verdeel en stuk-stuk begin plante koop tot ek genoeg gehad het om die eerste deel uit te lê,” vertel Annelize. “Ek kies eenvoudig plante waarvan ek hou. Die enigste ding wat ek in ag neem, is hoe groot die plant gaan word, want my tuin is maar klein. Ek kyk ook uit vir verskillen­de kleure en teksture, byvoorbeel­d plante met grys blare, of een met ’n baard; natuurlik ook plante van verskillen­de hoogtes en met interessan­te vorms.”

Vir die grond het sy twee dele goeie tuingrond met een deel sand gemeng ter wille van voldoende dreinering – ’n uiters belangrike voorsorgma­atreël teen verrotting in ’n vetplanttu­in.

Vir die harde elemente het Annelize ’n kombinasie van stapblokke, rots, klippies en hout gebruik. “Dit sou maar vervelig gewees het as alles net plat was. Klippies in verskillen­de groottes en kleure laat die tuin vir my lewendiger lyk en die plante beter vertoon,” sê Annelize.

Die plante kry soms luise – dan gebruik sy ’n gepaste middel van die kwekery. “Ek hou nie van spuit nie, maar so af en toe het jy nie ’n keuse nie. Dit het ook tyd gekos om uit te vind watter plante nie so baie son nodig het nie, maar oor die algemeen sou ek sê so ses uur is voldoende vir die meeste plante.”

Steek die plante haar soms? “Ja, ek is al baie, baie gesteek – veral terwyl ek onkruid uittrek!” lag Annelize. “’n Mens moet maar goeie handskoene hê en ’n lang dunbektang of iets soortgelyk­s as jy in die tuin werk!”

 ??  ?? Ferocactus histrix Skoonma-se-kussing (Echinocact­us grusonii)
Ferocactus histrix Skoonma-se-kussing (Echinocact­us grusonii)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa