Tuis

Dié maand...

-

• Tradisione­el saai tuiniers hul eerste pronkertji­es op Valentynsd­ag. Week die saad oornag en saai dit dan in ’n oop area in grond wat goed met kompos verryk is en genoeg son kry. • In jou kombuistui­n kan jy groente wat klaar gedra het, uithaal en die grond verfris met ’n ruim hoeveelhei­d kompos. Plant beet, broccoli, wortels, seldery, eiervrug, kropslaai (kies hittebesta­nde variëteite), soetrissie, spinasie en spinasiebe­et. In koue tuine kan jy jou eerste lot ertjies saai, en jou laaste lot boontjies. Verleng die oestyd van kool en blomkool deur kultivars te kweek wat op verskillen­de tye plukgereed is. • Verdeel oorgroeide baardiriss­e en plant dit oor in verrykte grond op ’n sonnige plek; maak seker die bopunt van die risoom steek net-net bo die grond uit. • Snoei onnet groei terug op abelias, Kaapse kanferfoel­ie (Tecoma capensis) en Plumbago. • Identifise­er en vereenvoud­ig dié dele in jou tuin wat baie onderhoud vra. Behou jou gunsteling­plante en raak ontslae van ander wat waardevoll­e plek in beslag neem of hul area oorgroei het. Plant meer van een soort pleks van ’n groot verskeiden­heid en kies lae-onderhoudp­lante soos agapante, daglelies en wilde-irisse. • Moenie rondom die wortelarea van fynbosplan­te grawe nie; hulle hou glad nie daarvan dat hul wortels versteur word nie. Strooi ’n deklaag (met oop ruimte rondom die hoofstam) om onkruid te help voorkom. • Kyk uit vir rooispinmy­t op die onderkant van fuchsias en krismisros­e se blare. Beheer dit met Efekto Redspiderc­ide, wat nie giftig is vir bye en gawe insekte nie. >>

 ??  ?? Baardiris Pronkertji­es
Baardiris Pronkertji­es
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa