Tuis

Oorlewings­planne

-

Februarie is een van die warmste maande van die jaar, en sommige dele van die land ervaar kwaai haelstorms. Probeer dié planne om te verseker jou tuin oorleef:

Hitte Strooi ’n deklaag rondom struike (los ’n opening rondom die stam). ’n Deklaag sal die grond koel hou, water in die grond help behou, die ontkieming van onkruid ontmoedig en grond teen strawwe hitte beskerm. Gepaste materiaal sluit in growwe kompos, dennenaald­e, basstukkie­s, neutdoppe en perskepitt­e. Strooi lyk nie mooi in ’n ornamentel­e tuin nie, maar dis doeltreffe­nd en aanvaarbaa­r tussen rye groente en kruie.

Humiditeit Swamsiekte­s gedy in warm, humiede toestande. Laat genoeg ruimte tussen plante sodat lug goed kan sirkuleer. Spuit aangetaste loof met Funginex of Rosecare. Party plante wat van die Mediterree­nse en winterreën­streke afkomstig is, sal minder geneig wees om te verrot met ’n nie-organiese deklaag soos gruis of klippies.

Hael In streke wat gereeld gebuk gaan onder haelstorms, kan dit hartverske­urend wees om te sien hoe haelstene jou pragtig versorgde tuin verwoes. Maar moenie dadelik ná die storm beskadigde blare afpluk nie; dit sal nuwe groei help beskerm teen sonbrand. Tel beskadigde vrugte op, maar moet dit nie op die komposhoop gooi nie; vrugtevlie­ë broei graag uit in verrottend­e vrugte.

Beskadigde bas op vrugtebome moet teen sonbrand en siektes beskerm word deur kommersiël­e boomlap om die stam te draai. Die hoeveelhei­d stikstof in hael is minimaal – moet dus nie jou bemestings­program aanpas nie.

 ??  ?? Deklaag-materiaal
Deklaag-materiaal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa