Tuis

Hoender-en-aarbeilekk­erte

Dié ongewone kombinasie gee suikersoet aarbeie ’n ereplek in ’n hoofgereg.

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 1 uur Oondtemper­atuur: 180 °C

• 4 hoenderbou­djies en 4 -dytjies • 60ml olyfolie • 5ml elk paprika, komyn en koljander • 12 heel aarbeie • 30ml granaatkon­sentraat of heuning • 45ml vars lemoen- of nartjiesap • 3 takkies tiemie • 250ml bruin-en-wilderys, gaargemaak • 2 sirkels feta, gekrummel • 60ml gekapte platblaarp­ietersieli­e • 100g amandels, gerooster en gekap

1 Voorverhit die oond. Geur die hoender rojaal met sout en peper en braai in 30 ml olyfolie tot goudbruin oraloor. Moenie te haastig wees nie, dis belangrik dat die hoender karamellis­eer aan die buitekant. Strooi die speserye oor en pak die hoender in ’n oondrooste­rpan.

2 Stroop die blaartjies van die aarbeie, maar hou die stingeltji­es aan. Voeg dit by die hoender in die oondbak. Meng die granaatkon­sentraat, lemoensap en oorblywend­e olyfolie en sprinkel bo-oor die hoender en aarbeie, gevolg deur die tiemie.

Maak dig toe met foelie en rooster vir 45 minute. Verwyder die foelie, bedruip met die pansous en rooster oop vir nog sowat 15 minute.

3 Sit dit voor Meng die feta, pietersiel­ie en amandels deur die gaar rys en klam goed aan met die pansappe van die hoender. Skep die hoender en aarbeie bo-op die rys en sit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa