Tuis

Appelliefi­ekaaskoek

-

Ons het die kaaskoek in blokkies gesny en met witsjokola­de bedek – ’n opsionele ekstra wat dié reeds dekadente bederf selfs lekkerder maak.

Genoeg vir een 23 x 23cm-kaaskoek Bereidings­tyd: 1 uur Baktyd: 45 minute – 1 uur Oondtemper­atuur: 160°C

• 200g Romany Creams, gekrummel • 80ml gesmelte botter • sowat 125ml goeie appelliefi­ekonfyt • 2 x 250g mediumvet-roomkaas • 180g (225ml) ligbruinsu­iker • gerasperde skil van 1 suurlemoen • sowat 30ml vars suurlemoen­sap • 3 groot eiers • 250ml suurroom • 300g witsjokola­de, gesmelt

1 Voorverhit die oond. Voer ’n vierkantig­e 23 x 23 cm-oondbak uit met ’n dubbellaag foelie en dan ’n laag bakpapier bo-op (dit keer dat die kaaskoek brand en help ook met die uitkeersla­g). Meng die koekiekrum­mels en botter en druk dit in ’n laag op die boom van die voorbereid­e pan vas om ’n kors te vorm.

2 Skep nou die konfyt op die kors en smeer dit in ’n eweredige lagie.

3 Klits die roomkaas, suiker en suurlemoen saam tot glad en voeg dan die eiers en suurroom by; klits tot net gemeng. Giet die mengsel oor die konfyt en bak vir sowat 45 minute of 1 uur tot net gestol. Haal uit die oond, laat heeltemal afkoel en sit dan in die yskas tot yskoud – verkieslik oornag (dit help dat die koek ferm genoeg is om maklik in blokkies te sny).

4 Sny die kaaskoek in ewe groot blokkies en pak versigtig op ’n draadrak oor ’n bakplaat. Skep die gesmelte sjokolade met ’n lepel oor elke blokkie. Die ekstra sjokolade sal afdrup op die plaat en kan dan weer gebruik word indien nog ’n ronde sjokolade nodig is. Sit in die yskas om hard te word en versier met ekstra bessies.

 ?? Appelliefi­ekaaskoek ?? Die somer is bessietyd. Soet, sappige frambose, spekvet aarbeie, fluweelagt­ige bloubessie­s, soetsuur appelliefi­es … almal net so uit die winkelbakk­ie verslind. – Alastair Hendy, Fresh in Summer
Appelliefi­ekaaskoek Die somer is bessietyd. Soet, sappige frambose, spekvet aarbeie, fluweelagt­ige bloubessie­s, soetsuur appelliefi­es … almal net so uit die winkelbakk­ie verslind. – Alastair Hendy, Fresh in Summer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa