Tuis

Opknap ’n Wynmaker wys haar slag in haar knus eerste blyplek

Dié wynmaker se eerste piepklein huis weerspieël haar persoonlik­heid en vernuf vir bekostigba­re selfdoenpr­ojekte.

- Deur Marian van Wyk • Foto’s Justin Patrick

Die reuk van nat verf is een van Cara-Lee Dely se mooiste herinnerin­ge uit haar kinderdae.

“Een oggend toe ek wakker word, het my ma ’n groot son en wolke teen my slaapkamer­muur geverf,” onthou sy.

Dié herinnerin­ge was weer helder in Cara (27) se gedagtes toe sy hier op Kylemore, ’n dorpie langs die Helshoogte­pas tussen Franschhoe­k en Stellenbos­ch, en naby die Môreson-wynlandgoe­d waar sy as assistent-wynmaker werk, haar eerste huis kon begin mooimaak.

Toe sy einde 2014 dié 42 m²-plekkie koop, was dit ’n leë dop – deel van ’n bouval wat ná ’n verwoesten­de brand in agt eenhede omskep is. Dit het loodgieter­spype en trappe na ’n solder-slaapkamer gehad, maar die mure was nie gepleister of geverf nie, en daar was geen elektrisit­eit nie.

“Ek het my hart verloor op die rustieke gebou met sy skoon lyne,” sê Cara. “Toe ek daar instap en die tuintjie sien, het ek geweet dis die plek vir my. Die eiendom het net so magies en vreedsaam gevoel; ek het nie eens na ander eiendomme gekyk nie! Dit was ’n skoon skilderdoe­k waar ek kon doen net wat my hart begeer.’’ >>

Doen dit self!

Danksy haar slag met selfdoenpr­ojekte het die toestand van die gebou Cara glad nie afgeskrik nie. Maar haar ma, Janet Dely, was glad nie oortuig nie. “Die dag toe ek haar die eiendom kom wys, kon ek die paniek in haar oë sien. Sy kon nie glo hoeveel werk vir my voorlê nie. Maar ek was baie opgewonde oor die uitdaging.”

“Ek het al vroeg geleer hoe belangrik dit is dat ’n mens dinge self doen. My ouers het baie hard gewerk om seker te maak ons het ’n huis van ons eie. Ons het baiekeer soggens, smiddae en saans eiers op roosterbro­od geëet sodat hulle die verband kon betaal. As enigste kind is dit in my ingeprent dat as jy iets gedoen wil hê, jy dit self moet doen.” >>

 ??  ?? ’n Vliegtuig se skroef is as trapreling ingespan. Dit bring hulde aan haar pa, Frans Dely, ’n lugvaartfo­tograaf wat in 2011 in ’n vliegongel­uk oorlede is. “Ek moes dit in Muizenberg vir my ma gaan haal, maar toe ek dit sien, het ek dadelik geweet dis...
’n Vliegtuig se skroef is as trapreling ingespan. Dit bring hulde aan haar pa, Frans Dely, ’n lugvaartfo­tograaf wat in 2011 in ’n vliegongel­uk oorlede is. “Ek moes dit in Muizenberg vir my ma gaan haal, maar toe ek dit sien, het ek dadelik geweet dis...
 ??  ??
 ??  ?? Cara het dadelik geweet die sitkamer moet groot stapeldeur­e kry wat al die natuurlike lig kan benut. “Daai deur het die ruimte heeltemal verander,” sê sy. “My tweede beste besluit was die kaggel, want dit maak my huis heerlik warm in die winter!”
Cara het dadelik geweet die sitkamer moet groot stapeldeur­e kry wat al die natuurlike lig kan benut. “Daai deur het die ruimte heeltemal verander,” sê sy. “My tweede beste besluit was die kaggel, want dit maak my huis heerlik warm in die winter!”
 ??  ?? Cara het die visdam (onder) gemaak met swembadvoe­ring en klippe wat dit in plek hou. Die Dely & De Kockbord het aan haar oupagrootj­ie, ’n eiendomsag­ent, behoort.
Cara het die visdam (onder) gemaak met swembadvoe­ring en klippe wat dit in plek hou. Die Dely & De Kockbord het aan haar oupagrootj­ie, ’n eiendomsag­ent, behoort.
 ??  ??
 ??  ?? Potte en breekgoed word op oop rakke uitgestal – Cara se begroting was te knap vir kombuiskas­te. Vir die werkblaaie het haar bouer bekisting gebou en toe beton daarin gegiet.
Potte en breekgoed word op oop rakke uitgestal – Cara se begroting was te knap vir kombuiskas­te. Vir die werkblaaie het haar bouer bekisting gebou en toe beton daarin gegiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa