Tuis

Krui van die maand

-

Suurlemoen­tiemie

Die suurlemoen­reuk en -geur van dié bosagtige tiemie maak dit ’n groot gunsteling onder kokke, en met sy groen-en-geel loof vorm dit ’n fokuspunt in menige tuin.

Kweek dit so Suurlemoen­tiemie is ’n klein struikagti­ge meerjarige wat tot 30 cm hoog groei; dit dra klein groengeel blare met ’n suurlemoen­geur, en dofpers blomme in die lente. Die krui hou van volson en sanderige grond wat goed dreineer. Dit aard ook baie goed in ’n houer. Vir genoeg blare in die winter, hou ’n pot of twee in ’n sonnige, beskutte kol, of plant dit in ’n hangmandji­e vir die stoep.

Verskeie soorte Daar is heelwat variëteite, maar ‘Golden’ (’n grondbedek­ker), ‘Bressingha­m’ (dit dra massas blomme in die somer) en ‘Silver Posy’ (groen-en-wit loof) is die uitblinker­s.

(Thymus x citriodoru­s) Wenk van die maand Die takkies is baie taai; stroop die blare af en voeg dit by jou kos, of gooi die takkies net so in en haal dit agterna uit.

Het jy geweet? Tiemietee is propvol antioksida­nte, kan omega-3-vetsure help vermeerder en bevat minerale en vitamiene wat noodsaakli­k is vir goeie gesondheid.

Algemene probleme Die plant kan onnet begin lyk as dit nie gereeld gesnoei of gepluk word nie.

Gebruik dit as geurmiddel by bredies en potjies, oondhoende­r (in die vulsel of onder die vel), asook geroosterd­e of panbraai-groente. Dis heerlik saam met gebakte salm of forel, en gekombinee­r met lourierbla­re en pietersiel­ie is dit ’n klassieke bouquet garni vir vleisgereg­te en soppe wat stadig gaargemaak word.

KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa