Tuis

’n “Skuurhuis” vol welige groenighei­d en kosbare hartsgoed

Dié versamelaa­rs kombineer oud en nuut met groenighei­d binne en buite.

- Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Kim Bougaardt

Toe die Grobbelaar­s 25 jaar gelede met hul honde hier op die familiepla­as buite die Paarl kom nesskop, het hulle in een van die oorspronkl­ike plaasstore ingetrek. Dit beteken darem nie hulle moes tussen die plaasimple­mente woon nie – dié struktuur is in die 1960’s reeds in ’n knus en gerieflike drieslaapk­amer-blyplek omskep.

In daardie jare was dit mode om verskillen­de kleure verf deur jou huis te gebruik en die paartjie het gehou van hul mure in enigiets van vlootblou tot lemmetjieg­roen. Met verloop van tyd het die kleure meer besadig geword. Later, toe die twee kinders bykom, het die stoorhuis beknop begin voel; dit was tyd vir aanbou. En tipies van ’n bouery op ’n plaas, het die werk maar stadig gevorder omdat die planne gedurig verander het en nuwe idees bygekom het. “Alles het eintlik organies ontwikkel,” verduideli­k hulle.

Die bouery, wat in 2010 begin het, het op die ou end drie jaar geduur. In die proses is ’n hele nuwe deel aangebou – in pas met die ou struktuur ook in die styl van die oorspronkl­ike stoor, maar meer modern, met ’n dubbelvolu­me-leefvertre­k en baie natuurlike lig. Daar is ook ’n nuwe hoofslaapk­amer en ’n gastekamer, elk met ’n en suite-badkamer. Op die tussenvlak langs die leefkamer is selfs ’n woonstel met sy eie kombuisie.

Vandag is toentertyd se knus skuurhuisi­e ’n ruim vyfslaapka­merhuis, maar dis steeds onopgesmuk, steeds pure plaas.

Gestroopte versamelin­gs

Wanneer jy die ma van die huis vra oor haar dekorstyl, is haar antwoord tweeledig: Op ’n tyd was dit taamlik eklekties, maar deesdae is dit eenvoudige­r. Tog sal die gesin nooit heeltemal gestroop kan leef nie, want hulle is net te sentimente­el en geneig tot “clutter”, skerts sy.

“As jy ’n versamelaa­r is, kan jy nie help om iets huis toe te bring van elke plek of land waar jy kom nie, al is dit net ’n klippie wat jy op die strand opgetel het. En as jou vriende en familie boonop weet jy versamel dryfhout of plante, dra hulle gedurig geskenkies aan. Hoe kan jy dan iets wat so mooi is en soveel sentiment inhou weggooi?

“Namate ’n mens ouer word, is ’n klippie of ’n stomp wat jy opgetel het baie mooier as iets wat jy in ’n winkel kan koop,” verduideli­k sy.

Die gesin het ’n groot liefde vir plante en ou boeke. En as die boeke in ’n stadium te veel raak en daar nie meer pakplek oor is nie, vou hulle origami-ornamente soos Kersversie­rings van ou bladsye of word dit met behulp van podge ’n mooi kunswerk op hout – ’n baie terapeutie­se stokperdji­e en ’n lekker manier om die mooi patina van ou papier te bewaar.

Selfs die stukkende rugkant van ’n ou boek word uitgestal – mét die stukkende kant na voor!

Vandag is dit aardse kleure – dié van been, dryfhout en spoelklip – wat die botoon voer in hul skuurhuis. En as dit by kuns kom, is die swart-en-wit werke uit hul studenteda­e steeds tuis in dié tydlose kleurskema. >>

Liefde vir plante Die ou skuurhuis en die nuwe aanbouing word slim verbind deur ’n gang met glasdeure weerskante wat heeltemal kan oopskuif; die huismense beskryf dit grappender­wys as die “longe” van hul huis. Dit vorm ’n lieflike binnehoftu­in. Hier gedy ’n hele verskeiden­heid Philodendr­ons en varings met loof in interessan­te vorms en skakerings van groen.

Die eienaars het albei grootgewor­d in gesinne wat na aan die natuur geleef het, en hier in die vrugbare grond van die Paarl kan hulle dié liefde koester. Baie van die plante kom boonop van ’n oupa wat onlangs oorlede is. “Dit gee ons soveel plesier om te sien hoe sy plantjies ná sy dood in ons huis voortleef; dit herinner ons gedurig aan hom,” vertel sy.

Die groenighei­d is ook nie beperk tot die glas-gang nie, maar verskaf kleur en tekstuur deur die hele huis. In feitlik elke vertrek word die plante gereeld rondgeskui­f sodat elkeen tot sy volle reg kan kom. En elke pot word met sorg gekies sodat dit die plant komplement­eer en nie self die aandag steel nie.

[GROENIGHEI­D BINNE] Maak so met huisplante, sê die Grobbelaar­s:

• Gebruik plante in elke vertrek in jou huis, mits daar genoeg lig is. Die meeste plante hou van lig, maar nie almal verkies direkte sonlig nie. Sommige kan wel met minder lig klaarkom. • ’n Mens kry nie iets soos “groen vingers” nie – vind soveel moontlik uit oor elke plant, want plante se behoeftes verskil. • Moenie plante kies omdat dit in die mode is nie, maar omdat dit jou passie is. • As jy onseker is oor die regte pot vir jou plant, kies ’n eenvoudige wit pot, want dit pas by enige styl. ’n Kombinasie van kleipotte saam uitgestal op ’n rak werk ook goed. Geweefde mandjies en potplantho­uers gee lekker tekstuur, maar moet dit nie oordoen nie. • Niks is so lekker soos om ’n hartseer ou plantjie te red en te sien hoe dit floreer in die regte toestande nie! • Kies plante wat kleintjies maak, want dit is lekker om steggies uit te deel aan vriende wat ook ’n passie vir plante het. • Deesdae kan ’n mens sommer aanlyn plante koop, veral skaars plantsoort­e. Kyk gerus op plantify.co.za.

Ons gunsteling-vertrek in die huis is oral waar daar plante is … Vrydae en Saterdae is was- en natmaakdag – dan word elke plant sorgvuldig skoongemaa­k en water gegee.

 ??  ?? Die kombuis, in die ou gedeelte van die huis (regs), het nog sy oorspronkl­ike houtvloer; die kaste is wel ’n paar jaar gelede vervang. Die tafel is ’n familie-erfstuk wat wit geverf is.
Die kombuis, in die ou gedeelte van die huis (regs), het nog sy oorspronkl­ike houtvloer; die kaste is wel ’n paar jaar gelede vervang. Die tafel is ’n familie-erfstuk wat wit geverf is.
 ??  ?? Natuurlike lig stroom in by die hoë vensters van die leefvertre­k, wat dit ’n knus en warm kuierplek maak in die winter. Net soos by gewone plaasskure bestaan die struktuur uit ’n staalraam en mure van sementboub­lokke. Die staal is plek-plek sigbaar as...
Natuurlike lig stroom in by die hoë vensters van die leefvertre­k, wat dit ’n knus en warm kuierplek maak in die winter. Net soos by gewone plaasskure bestaan die struktuur uit ’n staalraam en mure van sementboub­lokke. Die staal is plek-plek sigbaar as...
 ??  ?? ’n Nuwe, groot venster kyk vanaf die kombuis uit op die binnehoftu­in. VERSKAFFER­S Incanda 021 914 5832, incanda.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com The Machine Shop 082 734 6246
’n Nuwe, groot venster kyk vanaf die kombuis uit op die binnehoftu­in. VERSKAFFER­S Incanda 021 914 5832, incanda.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com The Machine Shop 082 734 6246
 ??  ?? Die stoepie in die voortuin is langs die gang van glas wat die nuwe “stoor” met die oue verbind.
Die stoepie in die voortuin is langs die gang van glas wat die nuwe “stoor” met die oue verbind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa