Tuis

Leserhuis Hier leef erfstukke en kontemporê­re items in harmonie

Om erfstukke en kontemporê­re meubels stylvol te kombineer kan ’n uitdaging wees. Nie vir Dina en Jakus Venter nie – hul blyplek is tegelyk sjiek én nostalgies.

- Deur Kim Arendse • Foto’s Elza Cooper • Stilering Suretha Jansen van Rensburg

JJare lank het Jakus en Dina Venter van die een huurhuis na die volgende getrek terwyl hulle vir werk en plesier oor die land heen gereis het.

Toe die avontuurli­ke paartjie uiteindeli­k in 2016 besluit om nes te skop en eiendom te koop, het hulle ’n doodgewone, taamlik saai huis in Blairgowri­e gekies.

Omdat hulle albei van uitdagings hou, het hulle aanvanklik ’n huis gesoek om op te knap; dié een het geen strukturel­e werk nodig gehad nie, maar was eenvoudig genoeg dat hulle maklik hul eie stempel daarop kon afdruk. En dis presies wat hulle gedoen het!

Uiteindeli­k kon hulle al hul pragtige geërfde meubels, wat lank opgeberg was, gaan haal en ’n ereplek in hul nuwe tuiste gee. En danksy die Venters se eiesoortig­e sjiek aanslag kom elkeen van dié skatte nou behoorlik tot sy reg.

“Jy sal een of twee erfstukke in elke vertrek kry,” sê Dina. “In die begin het ek nogal gesukkel om met sulke ouer meubels te werk; soms het dit my so gefrustree­r dat ek gewens het ek kon net nuwe goed gaan koop! Maar wanneer ek nou terugkyk, is ek dankbaar dat ons sulke besonderse meubels tot ons beskikking gehad het.”

Dina, wat ’n dekordiens bedryf (mydecorlis­t.com), het nog altyd in dekor belang gestel. “Ek onthou hoe ek, toe nog in Graad 2, die muntstukke wat my pa van sy oorsese sakereise af teruggebri­ng het in patrone teen die mure geplak het. En toe ek nege was, het ek ons badkamermu­ur met my eie stensils probeer versier. My ma was nie juis beïndruk nie, maar sy het my tog toegelaat om my gang te gaan,” onthou sy.

Jakus bring ook sy kant met die binneversi­ering. “My praktiese man moet altyd die gek idees wat ek in my kop kry, uitvoer – meestal darem sonder protes!” sê Dina met ’n glimlag. >>

[ DIE SLAAPKAMER]

Die Venters het die blou en grys vertikale strepe teen die muur geverf om hoogte in die hoofslaapk­amer te skep sodat die groot hemelbed van kiaat, wat hulle by Jakus se ma gekry het, tuis kon lyk in die vertrek. “Ek hou van die Gatsby-gevoel van die spieël links van die bed – dit laat my sommer spoggerig voel wanneer ek soggens daarin kyk!” sê Dina.

Spieël van MRP Home

[ DIE LEEFVERTRE­K]

Die paartjie wou graag ’n fokuspunt rondom die oorspronkl­ike kaggel skep. Hul plan was aanvanklik om nisse vir brandhout in te bou, maar omdat daar nie genoeg plek was nie, het hulle ’n seshoekige rak teen die muur vasgesit, met ’n rak wat daarop rus. Jakus het die muurstutte ’n tikkie blieng gegee met goue spuitverf; nog ’n seshoekige rak (nie op

die foto nie) en metaalplak­kers teen die muur rond die voorkoms af. “Ek het driehoekig­e goue plakkers gekies vir kontras met die outydse skildery wat aan Jakus se ma behoort het,” vertel Dina.

[ DIE KOMBUIS]

Hoewel Dina en Jakus met die eerste oogopslag dol was oor die kombuis, wou hulle dit graag meer trefkrag gee – solank dit nie te veel sou kos nie! Toe voeg hulle ’n patroon by in die vorm van klein wit seshoekige teëls teen die eiland en spatpaneel, wat die heksagonal­e tema van die rakke in die leefvertre­k deurvoer. Die donkergrys kleur van die voegbry aksentueer die vorm, en word herhaal in die rolblindin­gs, muur en kombuisdeu­r.

[ PORTAAL]

Blou was nog altyd, so lank as wat Dina kan onthou, haar gunsteling­kleur. Dit was juis die inspirasie vir ’n hele versamelin­g borde, wat begin het by een wat sy en Jakus jare gelede tydens ’n rugsakreis in Marokko gekoop het. “Nou is daar ook ’n Delft-bord van my ouma, ’n mandjie van Swaziland, ’n bord van Portugal wat ons by ’n vriend gekry het, en een deur die plaaslike keramiekku­nstenaar Esra Bosch,” verduideli­k Dina. Die blou teëls op die kas daaronder – nog ’n erfstuk van Jakus se ma – vul die versamelin­g lieflik aan.

Dina se top-dekorwenke

• Versier ’n ruimte rondom bepaalde stukke en beplan deeglik – ook vir ’n eklektiese of “onpaar” voorkoms. • Skep samehang met behulp van bykomstigh­ede. • ’n Neutrale kleur op jou mure en wit gordyne kan van groot waarde wees. My wit gordyne het oral met my saamgetrek en vars gelyk in elke huis. • Groenighei­d verrig wondere in enige ruimte. Ek het agtergekom bamboespal­ms, geraamtepl­ant, Ficus lyrata en Calathea floreer binnenshui­s. >>

[ BUITE]

Die Venters het die stoep net buite die sitkamer nuwe lewe gegee met treffende buitemeube­ls. “Ons braai dikwels op die gras. Hier kan gaste sit en ’n drankie en peuselhapp­ies geniet tot tyd en wyl die braaivleis gereed is; dan eet ons ook buite,” sê Dina.

Sy het self die kussing op die groot plastiekbo­ks gemaak van buite-lap (Hertex se Fat Cactus Noir). Dié “sitplek” verskaf ook bêreplek vir die hangstoel en strooikuss­ings wanneer dit nie gebruik word nie (die skadunet oor die stoep bied nie beskerming teen reën nie). Dieselfde materiaal is gebruik vir die kussings op die geel geverfde Malawi-stoele. >>

Hangstoel van mydecorlis­t.com; mat van Airloom; Malawi-stoele van Sugar Apple

[ DIE BADKAMER]

Toe Dina en Jakus intrek, was die badkamer reeds opgeknap. Maar omdat die groot sandkleuri­ge teëls nie juis hul smaak is nie, het hulle hul eie stempel afgedruk met ’n blou fokusmuur (Evolve Paints in die kleur Hermanus Mist). “Ek hou van die eenvoud hier, want dis maklik om mee te werk – ons kan dit enige tyd verander as ons iets vars wil hê,” sê Dina. Die rolblindin­gs is hoog bo die vensters geïnstalle­er om hoogte te verleen.

DIE KANTOOR]

Dina se tuiskantoo­r is in die gastekamer; hier werk sy by haar oupa se ou skryftafel wat sy wit geverf het. Die stoel, wat voorheen bruin was, is nuut oorgetrek in pienk fluweel van U&G Fabrics (Legacyreek­s, kleur 50). Stoel van @home; muurplakke­rs van Simply Home; pompon-gordyn van superbalis­t.com

 ??  ??
 ??  ?? ’n Formele stoepgedee­lte net buite die TV-kamer het ’n gesofistik­eerde gevoel danksy ’n donkergrys buitemuur. “Ons geniet graag aandete hier buite; dit dwing ons om die TV af te skakel en rondom die tafel te sit en gesels,” vertel Dina. “Tot die honde...
’n Formele stoepgedee­lte net buite die TV-kamer het ’n gesofistik­eerde gevoel danksy ’n donkergrys buitemuur. “Ons geniet graag aandete hier buite; dit dwing ons om die TV af te skakel en rondom die tafel te sit en gesels,” vertel Dina. “Tot die honde...
 ??  ?? Dié dienrak word behoorlik ingespan tydens buitekuier­s. Reghoekige spieëls weerkaats die tuin. Rak van Re-Trend
Dié dienrak word behoorlik ingespan tydens buitekuier­s. Reghoekige spieëls weerkaats die tuin. Rak van Re-Trend
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die elegante leunstoel links, wat Jakus by sy ma geërf het, is oorgetrek met Aperture Breeze van Skinny LaMinx. Dina het weer die stel banke uit die middel van die vorige eeu by haar ouma geërf en toe met weelderige grys lap laat oortrek. Dis darem...
Die elegante leunstoel links, wat Jakus by sy ma geërf het, is oorgetrek met Aperture Breeze van Skinny LaMinx. Dina het weer die stel banke uit die middel van die vorige eeu by haar ouma geërf en toe met weelderige grys lap laat oortrek. Dis darem...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Wie woon hier? Jakus en Dina Venter en hul honde, Chuckles en Honey
WAAR Johannesbu­rg
Wie woon hier? Jakus en Dina Venter en hul honde, Chuckles en Honey WAAR Johannesbu­rg
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ons is dol oor... dié vernuftige kashandvat­sels van leer van mydecorlis­t.com.
Ons is dol oor... dié vernuftige kashandvat­sels van leer van mydecorlis­t.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa