Tuis

Vra die kenners

84 Wil jy meer weet oor plakpapier of hoe om jou slaapkamer mooi te maak? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Janine Brown van Kimberley skryf

Muur tot muur

Is dit moontlik om self plakpapier te installeer? Wat behels dit, en hoe gemaak as ek dit later weer wil afhaal – sal dit die muur beskadig? Laastens, beveel jy viniel of papier aan en hoe verskil die twee van mekaar?

Cara Saven van Cara Saven Wall Design

antwoord Dit sit nie in enigeen se broek om plakpapier te hang nie. Dis iets wat waarskynli­k die geduldigst­e mens teen die mure kan uitdryf – letterlik! Plakpapier is te kry in twee vorms: rolle of panele. Rolle koop jy gewoonlik by ’n winkel, en panele laat jy digitaal druk. Die panele moet dan “aanmekaarg­estik” word – die lengtes word langs mekaar gesit en die dele wat oorvleuel, word afgesny.

Rolle is makliker om te plak as panele, maar jy moet versigtig werk sodat die patroon reg herhaal word. Plakpapier sal net met die aftrekslag jou mure beskadig as jou muur vooraf nie reg voorberei en geverf is nie, maar selfs dan sal die skade nie te erg wees nie – niks wat ’n bietjie verf nie sal regmaak nie.

Die terme viniel en plakpapier word dikwels vir enigeen van die twee gebruik, maar daar is ’n verskil: Viniel het ’n taai rugkant (soos ’n sterk plakker) en voel soos plastiek. Plakpapier moet gom agterop kry en kan ná aanwending ’n papieragti­ge afwerking hê (soos baie van die rolle wat jy koop) of, soos met die digitaal gedrukte plakpapier wat ons by Cara Saven Wall Design vervaardig, ’n tekstuurry­ke afwerking met ’n beskermend­e glasuurlaa­g. Dit voel soos papier, maar verweer soos viniel. KONTAK carasaven.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa