Tuis

Hoe gemaak met die droogte?

-

Elmien Bussiahn van Kaapstad skryf Dis moeilik om ons spaniels skoon te hou met die waterbeper­kings in die Kaap; enige voorstelle?

Cathi Wiehahn, hoofbestuu­rder by apetslife.co.za, antwoord Al is dit lekker om ons troeteldie­re te bad, is dit eintlik onnodig, want hul vel is selfreinig­end. Jy hoef hulle eintlik net te bad as daar ’n mediese rede is.

Daar is wel waterlose produkte beskikbaar waarmee jy jou troeteldie­r veilig kan skoon hou, soos BIO-GROOM Klean Kitty No Rinse- en Waterless Bath No Rinse-sjampoe, asook Pet Patrol Dog Grooming Wipes.

Honde wat gereeld nat word, moet goed afgedroog word. Dit kan tot twee dae neem voor hul pels heeltemal droog is, en kan daarom begin sleg ruik.

Moet nooit jou hond poeier nie (tensy ’n veearts dit voorskryf). Daardie poeier kan die olies op hul vel vaskeer en as dié olies nie ontsnap nie, kan dit ongemak veroorsaak. Jou hond kan hom dan begin krap en sy vel beskadig; dit sal die vel nog olies laat vrystel, wat onwelrieke­nde sere tot gevolg kan hê.

Borsel jou troeteldie­r gereeld – dit help dat die natuurlike olies eweredig oor die vel versprei, wat die pels opknap en gesond hou. Dié versorging het nie water nodig nie en dis die veiligste en doeltreffe­ndste manier om jou troeteldie­r se vel en pels in ’n uitstekend­e toestand te hou. Die meeste troeteldie­re geniet dit om geborsel te word omdat dit die band met hul eienaar versterk en versorging natuurlike gedrag is by tropdiere.

Te midde van waterbeper­kings is ’n groter punt van kommer jou troeteldie­r se toegang tot vars water. Omdat hulle nie gryswater kan drink nie, is dit belangrik dat hulle altyd vars, koel drinkwater het. Sorg vir minstens 2–3 waterstasi­es, almal op koel, skaduryke plekke.

KONTAK apetslife.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa