Tuis

Knolgroent­e-en-lensieslaa­i

Dié slaai is ’n heerlike vegetaries­e hoofmaal. Brokke romerige feta is ’n opsionele ekstra.

-

Genoeg vir 4–6 as bygereg • Bereidings­tyd: 20 minute • Gaarmaakty­d: 45 minute

• 3 mediumgroo­t patats (gebruik verskillen­de soorte) • 1 rooi ui, geskil en in wiggies gesny • 1 lemoen, geskil en in skywe gesny • 2 heel brandrissi­es • 45ml olyfolie • 15ml heuning • 250g rou groen lensies, afgespoel • 3ml komynsaad • 3 heel peperkorre­ls • 1 lourierbla­ar • 30ml tahinipast­a • 15ml rooiwynasy­n • ’n hand vol babaspinas­ie • eetbare blommetjie­s (opsioneel)

1 Maak seker die patats is goed gewas en droog. Sny dit dan in 5 mm dik skywe en pak dit op ’n bakplaat saam met die uiewiggies en lemoenskyw­e. Voeg die rissies by en bedruip met die olyfolie en heuning, sout en peper na smaak. Bak onder die roosterele­ment tot die groente gaar en sag is. Hou dop, want die heuning kan brand voor die groente gaar is. Draai die groente gereeld om soos nodig.

2 Sit die lensies en speserye in 500 ml water in ’n pot op die stoof en bring tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en laat prut met die deksel op totdat die lensies sag is (sowat 45 minute). Raadpleeg die aanwysings op die pakkie om seker te maak van die gaarmaakty­d en toets gereeld. Moenie sout byvoeg nie, dit sal die lensies taai maak. Sodra die lensies sag is en die water weggekook het, geur met sout na smaak en enige pansappe van die geroosterd­e groente, sowel as die tahini en rooiwynasy­n.

3 Skep warm op ’n dienbord, strooi die spinasie oor (dit sal begin verwelk) en rangskik die groente bo-op – onthou om die heel rissies óf uit te los óf te kap en eweredig te versprei. Dit het klaar ’n brandsmaki­e aan die groente gegee en jy wil nie hê iemand moet onwerwags ’n heel rissie raakbyt nie. Versier met eetbare blommetjie­s.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa