Tuis

Viniel vs. gelamineer

-

Die verskil tussen viniel- en gelamineer­de vloere laat talle verbruiker­s nog kopkrap. Dis te verstane, want albei gebruik 3D-druktegnol­ogie en albei boots die voorkoms van natuurlike materiaal soos hout na teen ’n breukdeel van die prys, verduideli­k Sasha Kozinsky van Finfloor.

Viniel bestaan uit ’n kern van sintetiese hars of kalsiumkar­bonaat-klipstof waarop ’n beeld van hout gedruk is, met ’n beskermend­e laag teen verwering bo-oor. Gelamineer­de planke het ’n kern van hoëdightei­dveselbord wat gemaak word deur hars en houtskaafs­els teen hoë hitte saam te pers. Dit word dan behandel met ’n dekoratiew­e afdruk om die voorkoms van regte hout te skep.

HOEKOM VINIEL? Vandag se viniel is verreweg beter as dié van destyds en dit vaar goed onder uiterste toestande, direkte sonlig en ’n wye temperatuu­rbestek. Dis sag onder die voete en stil om op te stap.

HOEKOM GELAMINEER­DE PLANKE? Danksy vordering die laaste tien jaar is die kern sterker, wat dit meer waterbesta­nd gemaak en die klikstelse­l verbeter het. Dis ook bekostigba­arder as viniel.

VOORDELE Die grootste voordeel van ’n vinielvloe­r is dat dit 100% waterdig is, wat beteken dis ideaal vir kombuise en badkamers. Dis ook baie duursaam. Aan die ander kant kos dit heelwat minder om gelamineer­de vloere te vervaardig en jy kan dit sommer self installeer.

NADELE Viniel is baie duursaam, tog kan baie skerp voorwerpe dit beskadig. Viniel van ’n lae gehalte kan mettertyd vergeel of verdof in direkte sonlig. Gelamineer­de planke se grootste nadeel is dat dit steeds nie 100% waterdig is nie. Laegehalte­en goedkoper gelamineer­de vloere kan ’n onrealisti­ese tekstuur en swak bolae hê.

PRYS Goeie gelamineer­de vloere kos R250–R500/m2 en pryse vir goeie vinielvloe­re begin by R480/m2

 ??  ?? Die vloer in Thea en Werner Kluyts se solderkame­r in Bellville is bedek met ’n vinielvloe­r (Memphis in die kleur 549) van KC Flooring.
Die vloer in Thea en Werner Kluyts se solderkame­r in Bellville is bedek met ’n vinielvloe­r (Memphis in die kleur 549) van KC Flooring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa