WEN Milestone Kitchenseenhede ter waarde van R50 000!
Een gelukkige leser kan R50000 se Milestone Kitchens-eenhede losslaan!
Ons Kitchen Heroes-kompetisie, geborg deur Milestone Kitchens, was verlede jaar so ’n reusesukses dat ons besluit het om dit weer te doen! So as jy nog droom van ’n stylvolle opknap vir jou kombuis, kan Milestone Kitchens jou help om dit te verwesenlik met die kaste van jou keuse.
Mense gebruik hul kombuise deesdae nie net vir kosmaak en eet nie, maar ook vir kuier, onthaal en selfs huiswerk doen. Om die ontwerp en uitleg van die ruimte perfek te kry is dus ’n baie persoonlike proses, en die eindproduk moet vir die hele gesin werk.
Dalk het die kombuis van jou drome ’n massiewe eiland in die middel. Miskien wou jy nog altyd ’n laboratoriumwasbak gehad het. Of wat van ’n elegante koskas in die styl en kleur van jou keuse?
Stuur vir ons jou storie en vertel ons hoekom jy ’n opknap nodig het. As jou inskrywing gekies word, sal Silvia Miles, die eienaar van Milestone Kitchens, jou help om jou ideale kombuis te ontwerp met items uit hul indrukwekkende reeks.
SKRYF SO IN
• Gaan na milestonekitchens.co.za en kies uit hul produkreeks jou gunstelingeenheid waarrondom jy jou kombuis sal ontwerp. Maak ’n nota van die eenheid se naam en die styl wat jy verkies. • Neem nou ’n foto van jou eie kombuis en vertel ons, in hoogstens 150 woorde, hoekom jy wil opknap. Onthou om die naam en styl van jou gunsteling-eenheid (hetsy ’n koskas, eiland, wasbakkas – wat ook al) in te sluit. • Stuur jou inskrywing per e-pos na
kompetisie@tuis.co.za. Die prys sluit aflewering uit; sien ons kompetisiereëls op bladsy 129. SLUITINGSDATUM 31 Augustus 2018