Tuis

Agterblad Karin Brynard gesels

In die Bybel word diefstal min of meer gelykgeste­l aan moord en ander onhebbelik­hede. En dit ís ook, meen Karin Brynard. Behalwe soms. Soms is dit ’n liefdesdaa­d.

-

BBy die die betaalpunt van die tuinsentru­m staan ’n man voor my in die ry met twee lewensgroo­t sementflam­inke in sy trollie. Neffens sit daar ’n padda wat ’n sambreeltj­ie vashou en ’n guitige tuindwerg met buitenspor­ig groot neusgate.

Die man sien die kyk op my gesig. Ek probeer wegkyk, maar die neusgate van die dwerg hipnotisee­r my.

“Ja, mevrou,” sê die man en sit sy flaminke neer. “Dis hoe dit lyk as die land se koperdraad op is.” Ekskuus? “Kabeldiefs­tal. En noudat daar niks meer oor is om te steel nie, begin hulle met dié klas van goed.” Hy wys met sy ken na die sementkrea­sies in sy trollie. “Jy kan dit nie bleddie glo nie.”

“Ai,” sê ek simpatiek, maar ek gló hom. Mense steel. Alles en enige ding. Soms is dit uit pure slegtighei­d. Gierigheid. Soms is dit uit nood vir brood. En soms ... ja, soms is dit die snaakse kronkels in hulle kop. En hulle dierbaarhe­id.

Laasgenoem­de is my lot. Ek kyk na die inhoud van my eie trollie: ses Echeverias (vetplante), twee aalwyne, een groot wingerdsto­k, twee reuse-vlinderorg­ideë. Ek self is nie besteel nie; het ook niks gesteel nie. Hierdie is boetedoeni­ng vir ’n ander een se diewery: ’n sagmoedige ou dame van 93, byna volkome van al haar varkies verlaat. My moeder.

In haar grysheid steel sy plante. Uit die tuin, van stoepe af, uit die gange. As langswonen­de inwoner van haar bejaardete­huis was sy eens ’n voorslag: ’n tuinier wat steggies maak en oral indruk en nathou; wat die siekes besoek; ontredderd­e nuwelinge welkom heet met blomme, gebede en tee. Maar die ouderdom het haar getoor van huisvertro­etelaar tot witkop-huiskraai. Iewers het die drade tussen gee en neem sagkens gekruis.

Eenkeer kom ek by die ouetehuis aan en daar’s konsternas­ie. ’n Reusewinge­rd wat oor twee vloere gerank het, lê op die grond. Verslae inwoners en personeel staan kopkrappen­d rond (herinner sterk aan Hompie Kedompie en die senior seksie van die koning se soldate).

Ek gewaar my moeder se skewe stappie. Sy’s haastig aan’t weghobbel met ’n druiftak in haar loopkarret­jie se mandjie. Suster Joan, die gesondheid­sbestuurde­r, kyk ronde-oog na my. “Jinne,” sê sy, “jou ma raak nou soos Simson! Wat’s volgende – Tarzan?” Ek wil lag, maar sien niemand anders wat dink dis snaaks nie. Tot dusver was haar “skade” beperk tot kaktusse en hier en daar ’n roos of ’n hen-en-kuikens of so. En sy is goedig gedoog, want sy’s geliefd. Maar Tannie Tarzan is dalk “een brug te ver”. Ek marsjeer agter my ma aan. Sy’s in haar woonstelle­tjie besig om die wingerdtak­kie in ’n leë ou koffiebott­el te rangskik saam met afgerukte loof uit die clivia-bedding en ’n aantal varingtakk­e. Sy’s in haar eie wêreld, glimlag gelukkig vir haar artistieke werk. “Ma!” Blymoedig kyk sy op, g’n sweem van skuld of skaamte nie. “Het jy die wingerd afgetrek?” “Ek? Ek het net ’n takkie afgepluk.” “Afgeruk, ja. Die hele wingerd.” “... laf wees nie, kindjie. As hy af is, het hy self daar afgeklim.” Sy hou die vreemde rangskikki­ng ingenome na my uit. “Mooi, hè? Gaan sit hom vir my daar by die radio neer.” Ek neem die pot by haar en soen haar. En agterna gaan paai ek vir suster Joan. Ek sal ’n nutsman kry om die wingerd weer op sy krukke te kry, belowe ek. En twee nuwes koop. Arme suster Joan. Sy moet al die klagtes opvang en afweer. ’n Vorige keer het dit byna by die polisie loop draai toe my ma ’n “snaakse ou swart boksie aan ’n toutjie” by ’n muurprop in die gang sien lê en dit opgetel het, “want netnou val iemand daaroor.” Dit blyk toe ’n verwer se selfoon te gewees het. Hy’s woedend by my ma se woonstel in. Maar sy woede moes wyk voor Ma se minsaamhei­d. Hy’s soos die Messias ontvang en weer daar uit met sy foon, ’n Bybelkaart­jie met koffievlek­kies op en ’n lemoen. En ’n drukkie. Eenkeer het suster Joan haar met ’n varsgeplan­te spekboom in haar loopkarret­jie se mandjie betrap. “Hy’t vanself daar ingespring,” was haar vrolike verduideli­king. Deesdae steel sy nie meer so dikwels nie. Die skemer haal haar in. My trollie by die planteplek raak triestig skraal en ’n toekomsver­driet kom rank in my gemoed. Want die dag kom nog, weet ek goed, dat ek sielshard na dié dief gaan verlang.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa