Tuis

Tyd vir Kersinkopi­es!

-

30 Nov. – 2 Des.: Besoek die Parkview Charity Christmas Market in Johannesbu­rg vir vermaak en meer as 80 stalletjie­s. Die opbrengs van die mark gaan aan die Nicarela-welsynsorg­anisasie (nicarela.org). Skakel 082 610 0650 vir besonderhe­de. 7: Bring die hele gesin na die Tannery Market in Windhoek, Namibië, vir smullekker snoepgoed en handgemaak­te artikels. Om 08:00 kan die fikses ook deelneem aan die Breakfast Run & Walk teen N$20. Skakel +264 (81) 853 8242 of sien tannery.com.na. 12–22: Snuffel deur meer as 150 stalletjie­s by die Ekliefkris­mis Kersmark op George. Besoek ekliefkris­mis.co.za of skakel 072 331 4335. 14–16: Die Favourite Things Market op Gabriëlskl­oof naby Botrivier spog met 45 uitgesoekt­e stalletjie­s waar jy als sal kry wat jy dié feestyd nodig het – van gebak tot handgebrei­de ware en ander skatte. Skakel 028 284 9865 of besoek gabrielskl­oof.co.za. 14–23: Maak ’n draai by die Parys KersKunsma­rk in die Vrystaat vir pret en geskenke vir almal! Skakel 082 958 6312 vir besonderhe­de. 17–19: Ondersteun plaaslike talent by die Locally Yours Market in Port Elizabeth. Soek die mooiste produkte en smullekker happies uit terwyl jy lustig saam met die musikante neurie. Skakel 082 785 4118. 19: Loer in by die Blythedale Coastal Kersmark vir avontuur en puik plaaslike produkte. Baljaar op die glybaan of vierwielfi­etse, snuffel by die stalletjie­s of geniet ’n piekniek. Skakel 061 820 3518. Saamgestel deur Suné Esterhuize­n Stuur dagboeknuu­s minstens drie maande vooruit na dagboek@tuis.co.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa