Tuis

Serina en Eugene Chambers glo nie aan aftree nie, maar eerder aan “uittree”.

-

Hul nuutgeboud­e huis op Onrusrivie­r langs die Overbergse Walviskus is daarom beslis nie ’n aftreehuis nie – en hulle gaan ook glad nie nou begin stilsit nie. “Nêrens in die Bybel staan daar dat jy moet aftree nie,” lag Serina oor ’n koppie gegeurde tee, keurig geskink in ’n geel vintage-porseleink­oppie.

Ons het haar leer ken as die vrou agter die Nerf-Af-winkels en haar verleideli­ke meubelstuk­ke en mooi emaljeware was al dikwels in Tuis. Toe Eugene verlede jaar ná veertig jaar diens by ’n finansiële instelling “uittree”, was die egpaar gereed vir ’n nuwe fase. “Ons almal weet geen mens kan vandag van ’n pensioen alleen oorleef nie en dit was nog altyd deel van ons beplanning om op ons ‘oudag’ eiendom aan te skaf wat vir óns sal werk,” vertel Serina. “Daarom het ons die huis só ontwerp en laat bou dat ons die twee slaapkamer­s onder as selfsorgee­nhede kan verhuur; ons het ook ’n ruim kothuis op die werf gebou wat verhuur kan word.”

Onrusrivie­r was nie altyd deel van hulle uittree-plan nie. Die gesin het die laaste dertig jaar op Stilbaai uitgekamp en twee erwe daar besit. “Maar ons het gou besef dat jou vakansiepl­ek nie noodwendig ideaal vir jou aftrede is nie,” sê Serina. “Stilbaai is net te stil buite seisoen, en ook te ver van die Kaap, waar ons kinders en kleinkinde­rs woon.” >>

 ??  ?? Serina en Eugene het die tuin self uitgelê nadat hulle op hul staptogte opgelet het wat groei goed in die omgewing. Hulle beskryf dit as ’n inheemse berg-en-grastuin. Die tuinpaadji­e is van glyvaste travertynt­eëls. Plante meestal van Cape Garden; teëls van WOMAG
Serina en Eugene het die tuin self uitgelê nadat hulle op hul staptogte opgelet het wat groei goed in die omgewing. Hulle beskryf dit as ’n inheemse berg-en-grastuin. Die tuinpaadji­e is van glyvaste travertynt­eëls. Plante meestal van Cape Garden; teëls van WOMAG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa