Tuis

Hemel op aarde

-

Met die besluit geneem dat hulle nie meer op Stilbaai gaan bou nie, het Serina en Eugene die platteland naby Kaapstad begin ondersoek – van Tulbagh en Riebeek-Kasteel tot strandplek­ke langs die Weskus.

Op die ou end was dit Onrus se melkhoutbo­me wat hulle op dié dorp laat besluit het. “Dit is nog ’n ouwêreldse dorpie,” vertel Serina. “Dis boonop net 5 minute se ry van Hermanus af met sy lewendige toeristebe­dryf. En hier sien jy die mooiste natuurtone­le, van walvisse wat kalf tot dolfyne wat saam met die branderpla­nkryers swem.

“Die natuur by Onrusrivie­r is ook ongeloofli­k mooi met die pragtige Babilonsto­ringberg en staproetes, asook ’n seewandelp­ad tot by Hermanus – regtig ’n stukkie hemel op aarde.”

Ek het ’n ding vir ’n lang tafel. Vir my is ’n tafel die hart van die huis. – Serina

 ??  ?? Die braaiplek is laag genoeg dat dit op koue aande ook as kaggel ingespan kan word. Eugene het die agterkant van dié koskas laer gemaak om onder die venster reg langs die braaikagge­l in te pas. Hy het ’n wasbak ingesit en aan warm en koue water gekoppel – nou is dit funksionee­l én iets vir die oog. Stapeldeur­e uit die sitkamer en leefareas bo maak oop op ’n stoep met ’n lieflike see-uitsig, wat met gemak tot veertig mense op ’n slag huisves. Trappies lei jou af na die grondvlak buite. Vloer afgevlak met Cemcrete
Die braaiplek is laag genoeg dat dit op koue aande ook as kaggel ingespan kan word. Eugene het die agterkant van dié koskas laer gemaak om onder die venster reg langs die braaikagge­l in te pas. Hy het ’n wasbak ingesit en aan warm en koue water gekoppel – nou is dit funksionee­l én iets vir die oog. Stapeldeur­e uit die sitkamer en leefareas bo maak oop op ’n stoep met ’n lieflike see-uitsig, wat met gemak tot veertig mense op ’n slag huisves. Trappies lei jou af na die grondvlak buite. Vloer afgevlak met Cemcrete

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa