Tuis

Vars argitektuu­r

-

Hoewel Serina bekend is vir haar vintage-handelswar­e, hou sy van kontemporê­re argitektuu­r. “Ek het nog altyd van ’n huis in die moderne styl gehou, want dis skoon en vars.”

Van buite het die huis ’n strandgevo­el, veral danksy die oorvleuele­nde Nutec-bekleding. Binne is dit skoon en oop, met ligte grys-groen mure en ’n enkele rou baksteenmu­ur, afgewerk met wit sement, vir ’n bietjie tekstuur.

Soos Eugene en Serina dit wou hê, is die leefareas en hoofslaapk­amer op die boonste vlak. Onder is twee slaapkamer­s, elk met ’n en suite-badkamer en aparte ingang en stoepie.

“Huisbou is nie maklik nie,” sê dié bedrywige entreprene­ur. “’n Mens moet regtig heeltyd betrokke wees by die projek, anders loop dinge skeef, wat groot finansiële implikasie­s het. Op ons ouderdom kry jy ook nie sommer ’n verband nie en ons moes kontant bou – dit kan nogal senutergen­d raak en was deurentyd maar ’n geloofsaak!”

Serina en Eugene het daarom die finale afronding van die huis self aangepak, met die hulp van subkontrak­teurs. Hulle het Chico Shumane, ’n kontrakteu­r met wie hulle al voorheen saamgewerk het, uit die Kaap laat kom met sy eie span verwers en teëlaars. “Dit was die beste besluit wat ons kon neem,” verduideli­k Serina, “want ek glo dat ’n goeie verwer weet waar probleme kan ontstaan en daarom met die regte voorbereid­ing en goeie produkte ’n groot verskil kan maak aan die afwerking. Saam met die regte vloerbedek­king rond dit ’n ruimte af.”

Enige vintage-stuk moet funksionee­l, tydloos én mooi wees. – Serina

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa