Tuis

’n Onverwagse oase

-

Marliza was nie juis ingenome toe Thinus die plaas in 2004 gekoop het nie. “Ek was doodgelukk­ig met my stedelike bestaan in Pretoria, hoewel ons daaroor gesels het om George toe te trek. Toe ek hoor Thinus het ’n aanbod op ’n Karooplaas geteken, was dit vir my soos ’n doodsvonni­s ...”

Maar toe die Van den Bergs by Langfontei­n inry, het dié groen oase haar asem weggeslaan. “Die eenvoud van die huis was vir my so mooi, al was omvattende opknapwerk nodig. Daar was akkerbome, ’n dam – so ’n onverwagse oase en so anders as wat ek my die Karoo voorgestel het. Dís die betowering van die plek. Kamdeboo is juis die Khoi-woord vir groen aarde. Dit spreek vanself.”

Die opstal is reeds in 1860 gebou, en nie ’n plek waar jy sommer met ’n tienpondha­mer en krytverf kan inspring om reg te maak wat pla nie. “Hier was baie werk nodig,” vertel Marliza. “Al die houtwerk buiten die vloere was geverf, van die binnedeure en vensterram­e tot die vloerlyste, en die plafonne was swart gebeits. Die vertrekke was donker en net sommige kamers het klein venstertji­es gehad.

“Ek het die fliek Under the Tuscan Sun al ’n paar keer gekyk en vereenselw­ig my goed met Diane Lane se karakter. Ons het selfs ’n plaaslike Poolse bouer, Conrad Kasperski van The Polish Way, gehad!

“Dis vir ons almal baie spesiaal om in ’n huis met ’n geskiedeni­s te leef. Ons is lief vir tradisie. Maar dis terselfder­tyd ’n verantwoor­delikheid om so ’n huis met die nodige respek te restoureer. Hier het soveel mense geleef en herinnerin­ge gemaak ...” >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa