Tuis

Ons droomhuis

-

Kathy, haar twee broers en vier susters het in ’n kreatiewe huis grootgewor­d. Hulle het goeie herinnerin­ge van hoe hulle almal hul oorlede ma, Ellen, in die huis gehelp het met die huishoudin­g en kosmaak.

“Dis wat ons verhouding verstewig het – deur te stik, skoon te maak en in die tuin te grawe. Maar dis ook hoe ons geleer het. My ma het graag mooigemaak en was trots op elke liewe hoekie wat sy ingerig het,” sê Kathy. “My huis het ’n soortgelyk­e styl en ek het nog baie van die meubels wat sy oor die jare bymekaarge­maak het.”

Kathy het duidelik haar ma se kreatiewe aanslag geërf; sy’s heeltyd besig met naaldwerk, allerhande kunsvlytpr­ojekte en, natuurlik, die huis se mooimaak. Nog voor jy by die voordeur instap, is haar kreatiwite­it duidelik te sien in die drie groot geitjies wat sy self met mosaïekteë­ls in die paadjie ingebed het.

Die glas van die dubbeldeur by die ingang is versier met ’n laag pers verf – ’n onvolmaakt­e maar vrolike idee wat gaste welkom heet. Binne is ’n groot trap, sy muur tot bo by die eerste verdieping behang met kuns. “As meisie het ek gedroom van die perfekte huis met ’n deftige trap direk oorkant die voordeur – en dié trap is presies wat ek altyd wou hê,” sê Kathy.

Haar huis is vol tweedehand­se vondste, erfgoed en skatte uit winkels wat lankal hul deure gesluit het. Sy kan op haar een hand tel hoeveel artikels sy die afgelope paar jaar aangeskaf het. “Wanneer ek koop, koop ek vir altyd. Dis net af en toe dat ek iets sal sien wat ek bittergraa­g wil hê. Ek koop liewer ’n mooi lamp of raam as ’n rok ...” >>

 ??  ?? ’n Ou krans opgekikker met vars bloekombla­re staan pragtig uit teen die voordeur se pers geverfde glas. ’n Groeiende versamelin­g kuns in rame lei die oog al met die trap langs na bo.
’n Ou krans opgekikker met vars bloekombla­re staan pragtig uit teen die voordeur se pers geverfde glas. ’n Groeiende versamelin­g kuns in rame lei die oog al met die trap langs na bo.
 ??  ??
 ??  ?? Die huis is smaakvol ingerig met fluweelban­ke, kuns in swierige rame en kosbare erfgoed. Strooikuss­ings en geskenksak van Plan B Vintage
Die huis is smaakvol ingerig met fluweelban­ke, kuns in swierige rame en kosbare erfgoed. Strooikuss­ings en geskenksak van Plan B Vintage

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa