Tuis

Tradisieva­s

-

“Ek is ’n regte plaasmeisi­e!” sê Kathy. “Wanneer ek nie in die huis gehelp het nie, was ek en my broers en susters in die tuin onder die vrugtebome. Ons weeklikse bederf, waarna ons baie uitgesien het, was om oor die naweek winkels toe te stap waar my ma vir ons elkeen ’n roomys gekoop het – eenvoudig!

“So jy kan jou indink dat Kersfees ’n groot gedoente was met kos as die middelpunt. Veral vleis en aartappels – die res het maklik onder die tafel beland vir ’n troeteldie­r, of in ’n potplant!”

Dis dan geen wonder dat ’n feestelike byeenkoms by Kathy se huis ook met vleis begin nie. Die gaarmaakpr­oses, wat sy as “lank en stadig” beskryf, begin op Oukersogge­nd. “Dis gewoonlik ’n taamlik vroeë begin; ek het in die algemeen nie veel slaap nodig nie en dié tyd van die jaar is ek in elk geval te opgewonde!”

Die ouer sibbe sorg vir die lam en bief (soms vark) en die jongeres berei die tong. “Die regte vleis vra ’n ou hand – ons weet nie wat die jong klomp daarmee sal aanvang nie en wil nie daai kans waag nie!” spot Kathy.

Ná kerk op Kersdag kom almal gewoonlik by die McDonald-huis bymekaar om hul onderskeie geregte af te rond. “Ons moet eintlik elke jaar by iemand anders eet, maar dis vir ons so lekker om by die huis te wees en mense hier te ontvang dat ons maar meestal hier kuier. Boonop is ek en Eric lui vir bestuur; dit pas ons perfek!”

Daar is gewoonlik nie ’n voorgereg op die spyskaart nie. “Almal wag net vir die vleis,” verduideli­k sy. “Sodra die eerste stukke voorgesny is, neem ek dit net so in die roosterpan tafel toe – dis gewoonlik ’n skep-en-geniet-affêre.”

Middagete word óf op die groot eetkamerta­fel óf buffet-styl voorgesit. “Ons etes is ontspanne; almal rek en skep oor en weer en kuier heerlik saam.” Nagereg sluit gewoonlik ’n pavlova en koekstruif in, en agterna gaan sit elkeen agteroor in sy of haar gunsteling­stoel.

“Die dag eindig met die kinders wat buite speel met hul nuwe speelgoed terwyl ons ontspan, sjokolade eet en gesange sing tot die son sak ...” >>

Kloksgewys van links sit Kathy en Eric se seun Earl en sy vrou, Lezanne, hul niggie Monique en kleinseun Juan, Eric en Kathy, hul dogters Candice en Carmen en kleindogte­r Kate-Emily. Messegoed van @home

Kathy en Eric se kleinkinde­rs – Juan, Kate-Emily en Liam (oorkant) – maak geskenke oop in die formele sitkamer. Die ornamente aan die boom eggo die goue tema van vanjaar se feestelikh­ede. “Wanneer dit kom by temas, gaan ek ’n paar dae voor Kersfees winkel toe om te sien wat daar is en besluit dan wat ek wil doen. So maklik soos dit!” sê Kathy. “Soos ek altyd vir my kinders sê: Hoekom winkels toe gaan op soek na ’n oorpak wanneer almal net jeans aanhou?”

Een van drie mosaïek-geitjies wat Kathy met die hand gemaak het en gaste op pad voordeur toe groet (regs).

 ??  ??
 ??  ?? Die Kersboom is gemaak van wit geverfde houtlatte wat al in die rondte aan ’n tappen geryg is.
Die Kersboom is gemaak van wit geverfde houtlatte wat al in die rondte aan ’n tappen geryg is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa