Tuis

Lamskerrie­pastei

-

Genoeg vir 6–8 as deel van ’n feestafel Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 3 uur 30 minute

• olie en botter vir braai • 2 uie, gekap • 2 wortels, gekap • 30ml komynsaad • 4 kardemompe­ule, gekneus • 30ml gerookte droë rissies (minder as jy verkies) • 30ml gerookte paprika • 1kg lamskenkel­s, opgesaag • 15ml borrie • 30ml matige masala • 2 vet knoffelhui­sies, gekap • 1 duim vars gemmer, geskil en gekap • ’n hand vol vars koljander (opsioneel) • 4 velle fillodeeg • 30ml gesmelte botter

1 Verhit ’n bietjie olie en botter saam in ’n groot kastrol en braai die uie en wortels oor lae hitte tot glansend. Voeg die komyn, kardemom, rissie en paprika by en braai oor lae hitte tot geurig. Roer die vleis deur. Strooi nou die borrie, masala, knoffel en gemmer bo-oor die vleis. Sit die deksel op en laat prut oor stadige hitte totdat ’n dikkerige pasta vorm; roer dan deur. Voeg ’n bietjie water by indien nodig. Laat prut rustig totdat die vleis gaar en sag is (sowat 3 uur).

2 Voeg die vars koljanderb­lare by die vleis en skep dit in ’n oondvaste bak. Laat effens afkoel, proe vir sout en peper.

3 Verf elke vel fillo met botter en stapel al vier op mekaar. Vou in kwarte en knip met ’n skerp skêr hier en daar om die rande vormpies uit (soos vir ’n papiersnee­uvlokkie). Dié stap is opsioneel, maar speels en mooi. Bedek die pastei met die deeg en vou die ekstra deeg om die rande in. Verf die bokant van die pastei ook met botter en bak vir sowat 15 minute of tot goudbruin en bros. Sit voor met geelrys en tamatiesam­bal.

Wenk Voeg ’n knippie saffraan by jou rys terwyl dit kook om die goue kleur te kry en garneer dit met granaatrob­yne en geroosterd­e amandelvlo­kkies vir ’n feestelike voorkoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa