Tuis

Roomyskran­se met ingelegde perskes

-

Ons is nie eintlik groot nagereg-eters nie, buiten tradisione­le lekkertes soos Jan Ellisen malvapoedi­ng. Ek is ook baie lief vir ingelegde perskes soos my ma, Ellen, dit gemaak het, met Ideal Milk of roomys (of albei, soos hier). Genoeg vir 12 klein vormpies Bereidings­tyd: 20 minute, plus vriestyd Gaarmaakty­d: 15 minute

• 60ml suiker • 125ml water • 2 liter roomys, effens sag • 125ml Ideal Milk (behou die res van die blik vir voorsit) • 1 fles ingelegde perskehelf­tes • meringue-skuimpies • gemmerbroo­dkoekies (opsioneel)

1 Spuit die holtes van 12 silikoonkr­ansvormpie­s met kleefweren­de sproei. Los die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Laat kook sonder om te roer totdat dit die kleur van heuning kry. Haal van die hitte af en giet die karamelstr­oop op ’n vel bakpapier op ’n bakplaat uit en laat dit hard word.

2 Breek dan die harde karamel in splinters en strooi die helfte onderin die vormpies. Meng die res van die splinters met die roomys en Ideal Milk en skep in die vorms. Sit in die vrieskas tot hard.

3 Om voor te sit, pak die uitgedopte roomyskran­se, goue perskes, skuimpies en koekies op aparte dienborde sodat gaste hulself kan help (of skep dit klaar saam in bakkies) en sit die oorblywend­e Ideal Milk in ’n bekertjie by vir skink – die perfekte somerpoedi­ng!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa