Tuis

As ’n gesin wat graag oral stap of fietsry – hulle voel so sterk daaroor dat hulle eers onlangs ’n motor gekoop het – was ’n

-

eiendom in die hartjie van Kaapstad ononderhan­delbaar toe hulle in 2016 ’n blyplek begin soek.

Dit moes net ’n hanetree wees van waar hul daaglikse aktiwiteit­e hulle ook al neem, en omdat hulle voorstande­rs is van die “small house movement”, wou hulle graag ’n kompakte huis hê. Geen probleem in die Moederstad nie!

Die Thomsons wou ook ’n bekostigba­re ruimte hê, ’n huis wat hulle kon opknap na hul smaak en omskep in ’n gesinstuis­te met hul eie kontemporê­re styl.

Ná ’n soektog van ’n paar maande het Ian, ’n entreprene­ur en hoof- uitvoerend­e beampte van TooMuchWif­i, en Ceylan, ’n besturende vennoot by Craft+Graft op Dunkley-plein, ’n klein Victoriaan­se huis in Tuine gekoop. Die lieflike uitsig op Tafelberg, pragtige binnehof en detail soos 40 cm dik mure, 3,55 m hoë plafonne en oorspronkl­ike houtvloere het hul hart gesteel.

Maar ’n 100 jaar oue huis kom nie sonder sy probleme nie! “Die uitleg was vreemd en elke ruimte was afgesonder van die res,” sê Ceylan. “Ons het nie gehou van die nou gang met vertrekke agter deure weggesteek nie; dit het alles donker laat voel.”

Baie van die huis se lieflike houtvloere is uitgehaal en vervang met onooglike grys teëls, en die paartjie het nie gehou van die kombuis wat in ’n afgesonder­de hoek van die huis was nie.

Sewe maande lank het hulle binnemure uitgebreek en die huis se uitleg perfek vir hul leefstyl aangepas – alles sorgvuldig beplan rondom die kombuis en leefareas. Daarna het hulle dit versier met ’n duidelike visie vir elke vertrek.

“Nou is daar gemaklike vloei tussen vertrekke, daar kom goeie natuurlike lig in en ons huis is gevul met goed wat ons na aan die hart lê,” sê Ceylan. >>

 ??  ?? Ian het die kleiner koffietafe­l gebou met ’n basis gemaak deur Classy Steel Classics en ’n brons skinkbord wat hulle geërf het as blad.
Ian het die kleiner koffietafe­l gebou met ’n basis gemaak deur Classy Steel Classics en ’n brons skinkbord wat hulle geërf het as blad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa