Tuis

[1] Rottang

-

Rottang is ’n wonderlike manier om tekstuur aan ’n buiteruimt­e te verleen. Dit word gewoonlik van riet of bamboes gemaak. Deesdae word nagemaakte rottang van poliëtilee­n spesifiek vir buitegebru­ik vervaardig en dit is gewild omdat dit duursaam is en min onderhoud vra.

“Ongelukkig is nie alle nagemaakte rottang dieselfde nie,” verduideli­k Mia Delport van Patio Warehouse. “Goedkoper handelsmer­ke sal soms kraak, breek of verbleik, daarom is dit baie belangrik om ’n produk van goeie gehalte te koop.”

VOORDELE Dis liggewig en geskik vir binne én buite. Dis ook herwinbaar, UV-bestand en vra min onderhoud. Daar is verskillen­de style vir verskillen­de dekor.

NADELE Nagemaakte rottang kan taamlik duur wees omdat dit ontwerp is vir maksimum duursaamhe­id en met die hand geweef word. As jy natuurlike rottang koop, maak seker dis goed gevleg sonder enige swak plekke wat kan loskom.

ONDERHOUD Borsel natuurlike rottang weekliks om dit stofvry te hou en te keer dat dit muf en verniel. Oorweeg ’n produk soos Starbrite Artificial Wicker Cleaner/Protector om dit te onderhou en jou nagemaakte rottang se leeftyd te help verleng.

[ TOPWENK]

Natuurlike rottang moenie buite in die reën staan nie; gebruik dit net op oordekte stoepe. Nagemaakte rottang van goeie gehalte kan buite staan in son en reën, maar gaan dit gereeld na omdat swakker produkte sal kraak.

 ??  ?? Dekoratiew­e metaal wat wit geverf is, gekombinee­r met geblomde en blougrys strooikuss­ings skep ’n romantiese voorkoms in dié tuinhoekie.
Dekoratiew­e metaal wat wit geverf is, gekombinee­r met geblomde en blougrys strooikuss­ings skep ’n romantiese voorkoms in dié tuinhoekie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa