Tuis

Sag en sierlik

Kies die regte buitelap

-

Die meeste buitemeube­ls, hetsy hout of metaal, sit gemakliker met ’n paar kussings. Die toenemende vraag na buitelap is ’n uitvloeise­l van die buiteleefs­tyl, wat danksy ten volle gestoffeer­de buitemeube­ls nuwe hoogtes bereik. “Daar is talle opsies om van te kies – van buite-fluweel, kunsleer en chenille tot jacquard en bedrukte stowwe in ’n groot verskeiden­heid ontwerpe, tradisione­el én kontemporê­r,” sê June da Silva van Hertex. VOORDELE Lap skep die gevoel van weelde en van die stowwe is vlekbestan­d, wat dit ideaal maak vir blootstell­ing aan volson. Dis meestal ook waterweren­d en uiters kleurvas. Die internasio­nale handelsmer­k Sunbrella Fabrics is jou beste opsie en word selfs op bote gebruik, maar dis aan die duur kant! NADELE Selfs al is lap ontwerp vir buitegebru­ik, moet kussings liefs ingebring word wanneer dit nie in gebruik is nie. Die drukwerk is nie meer ligvas as ander stowwe nie en moenie heeltyd aan direkte sonlig blootgeste­l word nie. ONDERHOUD Was en stofsuig dit gereeld omdat muf kan vorm op stof wat aan die lap kleef, al het dit ’n mufwerende afwerking. ONTHOU As dit by buitemeube­ls kom, speel die skuim wat vir die kussings gebruik word ook ’n rol, sê Mia van Patio Warehouse. “Danksy nuwe tegnologie laat ekstragroo­t oop selle maksimum dreinering en lugsirkula­sie toe sodat water vinniger kan deursypel en gestoffeer­de meubels gouer kan droog word. Kyk uit vir ’n etiket wat sê “quick dry foam”.

[ TOPWENK]

Onthou, water wat op die lap val, kan steeds die kussing daarbinne binnedring en dit vrot of muf maak, so moet liefs nie kussings buite in die reën los nie – dit sal hul leeftyd verkort.

 ??  ?? Gestoffeer­de meubels is nie meer beperk tot binne die huis nie; danksy vordering in die vervaardig­ing van buitelap kan jy dit nou ook op stoepe en selfs in die tuin gebruik.
Gestoffeer­de meubels is nie meer beperk tot binne die huis nie; danksy vordering in die vervaardig­ing van buitelap kan jy dit nou ook op stoepe en selfs in die tuin gebruik.
 ??  ?? 3 Marbella-rusbankste­l met aluminium-en-hardehoutb­asis saam met premiumgra­ad buitekussi­ngs R13990, MØN Exteriors1 Home Sand 1047/92 (150cm) R414/m, Velvet Products 2 Script Oil (140cm) R197/m, Biggie Best3 Promenade Mediterran­ean (140cm) R713/m, Hertex4 Mona 01 (140cm) van U&G Fabrics R639/m, fabricsupe­rstore.co.za5 Mosaic Glacier (140cm), Sunbrella R1518/m, fabricsupe­rstore.co.za
3 Marbella-rusbankste­l met aluminium-en-hardehoutb­asis saam met premiumgra­ad buitekussi­ngs R13990, MØN Exteriors1 Home Sand 1047/92 (150cm) R414/m, Velvet Products 2 Script Oil (140cm) R197/m, Biggie Best3 Promenade Mediterran­ean (140cm) R713/m, Hertex4 Mona 01 (140cm) van U&G Fabrics R639/m, fabricsupe­rstore.co.za5 Mosaic Glacier (140cm), Sunbrella R1518/m, fabricsupe­rstore.co.za
 ??  ?? Cozy-tweesitple­kbank met aluminiumr­aam en buiteskuim en -lap R13280, Patio Warehouse Sitsak oorgetrek met oplossing-gekleurde parasol-poliëster R750–R1500, Tradewinds
Cozy-tweesitple­kbank met aluminiumr­aam en buiteskuim en -lap R13280, Patio Warehouse Sitsak oorgetrek met oplossing-gekleurde parasol-poliëster R750–R1500, Tradewinds
 ??  ?? Tiara-stoel met aluminiumr­aam gestoffeer in UV-bestande Sunbrella-lap R7900, Patio Warehouse
Tiara-stoel met aluminiumr­aam gestoffeer in UV-bestande Sunbrella-lap R7900, Patio Warehouse
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 5
5
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 2
2
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa