Tuis

SO MAAK JY

-

Dié retro-pote verleen ‘n goeie skoot styl.

1

1 Meet die deursnee van die binnekant van jou band op die hoogste punt. Gebruik die passer om ’n sirkel van dieselfde grootte op die hout te trek.

2

2 Maak die hout met jou G-klampe aan jou werkopperv­lak vas en saag die sirkel uit. Trek nog so ’n sirkel op die hout en saag dit ook uit.

3

3 Heg die houtsirkel­s aan weerskante van die band met die skroewe.

4

4 Spuitverf die band en houtsitple­k oraloor met twee lae Rust-Oleum.

5

5 Meet die omtrek van die houtsirkel en merk elke derde. Posisionee­r die pote op dié merke en skroef vas.

6

6 Maak die pompons Draai genoeg breiwol om drie vingers om ’n dik bal te vorm. Hou een punt in jou handpalm wanneer jy begin.

7

7 Wanneer die bal dik genoeg is, glip een vinger uit. Knoop die begin- en eindpunt aan mekaar.

8

8 Glip die ander twee vingers ook uit en maak ’n stywer knoop. Maak nog ’n knoop aan die ander kant van die bal.

9

9 Knip die lusse aan weerskante oop – en nou het jy ’n pompon!

10

10 Om af te rond Sit die handgemaak­te pompons aan die sitplek vas met die gompistool. Bedek dit met soveel soos wat jy verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa