Tuis

Regte behandelin­g

-

Maryna Olivier van Joubertina skryf Ek en my man wil ons kombuiskas­te se blaaie van egte swarthout maak; hoe moet ons die hout teen hitte en water behandel?

Frikkie Greeff, besturende direkteur by Woodoc, antwoord Ons stel voor jy gebruik kleurlose Woodoc Water-Borne Floor Sealer. Dis beskikbaar in ’n mat- en ’n glansafwer­king. Omdat dit ’n vloerverse­ëlaar is, is Woodoc Water-Borne Floor besonder krapbestan­d; dit sal ook jou blaaie beskerm teen onder meer matige hitte (nie so warm dat dit die hout sal skroei nie), water en alkohol.

Dis belangrik dat jy die hout reg voorberei ten einde die beste resultaat te verseker. Maak seker die hout is heeltemal droog, met geen stof of olie daarop nie. Skuur die hout goed – hoe gladder die hout, hoe beter sal die afwerking wees. Vee dan af met ’n lappie wat met brandspiri­tus aangeklam is. Laat die oppervlak heeltemal droog word – al die brandspiri­tus moet verdamp.

Vee weer af met ’n skoon, droë lap. Roer nou die verseëlaar baie goed in die houer met ’n plat plankie of spaan (moenie skud nie). Wanneer dit behoorlik deurgeroer is, doop ’n skoon, droë kwas se hare omtrent twee derdes diep in die blik. Moenie die kwas teen die houer se rand afvee nie – dit druk die kwashare weg van mekaar, wat lug inlaat en borreltjie­s op die oppervlak veroorsaak wanneer jy dit aanwend.

Laat die oortollige verseëlaar afdrup en wend dit aan in lang, egalige hale in dieselfde rigting as die houtgrein. Doop die kwas gereeld en roer deurentyd die houer. Wanneer die hele oppervlak egalig blinknat is, laat dit droog word en skuur dan liggies met fyn skuurpapie­r. Vee weer af met brandspiri­tus, dan met ’n droë lappie en herhaal nog twee keer. KONTAK woodoc.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa