Tuis

Dekordilem­ma

-

Sally Smith van Plumstead skryf Ons het onlangs van ’n klein woonstel na ’n taamlik groot huis getrek en wil graag die kombuis opknap. Die vertrek word van die leefarea geskei deur twee mure, wat ons wil uitbreek. Ons is net bekommerd dat so ’n oopplan-uitleg ’n massiewe ruimte gaan skep – iets waaraan ons nie gewoond is nie. Ons is nie seker hoe ons so ’n ruimte moet inrig om die beste vloei te bewerkstel­lig nie. Het julle raad?

Hanno de Swardt van Onnah Design stel voor

Deur nie net die kombuismur­e uit te breek nie, maar ook die studeerkam­er s’n, sal julle die ruimte ten beste gebruik en die vloei heelwat verbeter.

1 Skep ’n pajama-ruimte waar die kombuis tans is, met ’n ingeboude boekrak as afskorting. So ’n ruimte is apart van die leefarea, maar danksy skuifdeure aan albei kante kan dit oopgemaak word en deel van die kombuis en hoof-sitarea raak. Dis die perfekte plek vir TV kyk. 2 Skuif die kombuis nader aan waar die studeerkam­er nou is en omskep laasgenoem­de in ’n was- en opwashoeki­e. Dit sal dan buite sig wees en is ideaal vir minder mooi toestelle soos die wasmasjien en tuimeldroë­r.

3 Rig die kombuis skuins oorkant die leefvertre­k in. Laat die eiland en eetkamerta­fel ’n eenheid vorm – deels om plek te bespaar, maar ook as ’n sterk kontemporê­re ontwerpele­ment. Dit beteken ook die eetkamerta­fel sal naby die kaggel wees. Die stoofplate en ooghoogte-oond is dan naby die yskas, ingeboude mikrogolfo­ond en groentewas­bak.

4 Omskep die ongemaklik­e ruimte wat na die gang lei in ’n klein kroeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa