Tuis

Op soek na ’n oppasser

-

Louise Fick van Bellville skryf Ons gaan vir drie weke in Desember weg en ek wil nie my honde by ’n hondehawe los nie; hulle is huiskinder­s en gewoond aan persoonlik­e aandag. Ons oorweeg dit om ’n oppasser te kry, maar ek is bekommerd ons kry nie die regte persoon nie. Enige raad?

Leigh de Wet van Pet Sitters Cape Town antwoord Tuis-oppassers word nou ’n gewilde alternatie­f en hou heelwat voordele in: • Troeteldie­re is gelukkiger en ervaar minder stres by die huis as in ’n vreemde plek. • Hul eet- en oefentye bly dieselfde. • Hulle ervaar nie reistrauma nie. • Blootstell­ing aan siektes is minimaal.

Nog ’n voordeel van oppassers is dat hulle ’n afskrikmid­del is vir inbrekers. Hulle sal ook ander takies verrig, soos om die vullis uit te sit, pos in te bring en ligte aan en af te skakel, wat sal wys daar is iemand by die huis.

Dit is wel belangrik om ’n paar vrae te vra voor jy van so ’n diens gebruik maak: • Is jou oppasser aanspreekl­ik by ’n profession­eel gelisensie­erde liggaam soos Pet Sitters Internatio­nal (Psi)? • Het hulle enige formele opleiding in dieregedra­g of eerstehulp? • Is hulle te alle tye bereikbaar in geval van nood? Kan jy iemand anders in die hande kry as jou oppasser nie bereikbaar is nie? • Het hulle openbare-aanspreekl­ikheidsver­sekering in geval van ’n ongeluk, en by wie? • Het die persoon ’n reëling getref vir ingeval hulle beseer of siek raak en nie na jou troeteldie­re kan kyk nie?

Goedkoop oppasdiens­te het gewoonlik nie die regte interne strukture in plek vir noodgevall­e nie – maak liewer seker jy kies ’n goeie diens, al kos dit meer.

Afhangend van jou behoeftes besoek ons jou diere een, twee of drie keer per dag, of jy kan ’n oppasser kry om oor te bly en na jou troeteldie­re te kyk (pryse begin by R119 per dag). Ons maak ook voorsienin­g vir diere met spesiale behoeftes en dié wat medikasie moet kry. Speeltyd en volledige ondersoeke is deel van ons daaglikse aanbod, terwyl stappies opsioneel is. Ons kyk ook na jou swembad, plante en pos, tel poef op en sit die vullis uit; ons onderneem ook daaglikse inspeksies van jou werf en alarmstels­el-bestuur.

KONTAK petsitters­capetown.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa