Geskenk-idees vir groen vingers
Moenie vergeet van Kersgeskenke vir die tuiniers in jou familie nie. Hier is ’n paar goeie keuses:
• ’n Inskrywing vir Tuis, plus ’n tuinboek of twee.
• Voëlbaddens, -voerders en -tafels vir die voëlliefhebber.
• Bakkies blommende saailinge en ’n sak kompos.
• ’n Mandjie vol kruie vir die ywerige kok.
• ’n Betonbeeld vir die hoek van ’n bedding om die tuinslang te keer.
• ’n Tuindagboek of -kalender om seisoenale aanplantings en blomtye aan te teken.
• ’n Vogmeter om die vogvlakke van die grond in potte en beddings na te gaan.
• ’n Reënmeter om reënval akkuraat te meet. • ’n Knielmat en handgereedskap vir dié wat fluks onkruid uittrek.
• ’n Mooi deurmat en skraper vir modderige tuinskoene.
• ’n Tuintafel of -bankie.