Tuis

Min plante blom so geil oor die feestyd soos ’n krismisroo­s.

-

En in Adele se ruim tuin in Johannesbu­rg is daar ’n oorvloed van dié skaduplant­e wat in die hoogsomer oorvloedig blom. Saam met ’n verskeiden­heid rose – haar ander groot liefde – is haar tuin rondom Kerstyd ’n skouspel van kleur en geur.

“Ek is gelukkig dat daar in my tuin oorgenoeg plek in die son sowel as die skadu is om albei in oorvloed te hê.”

Nie dat enigeen van dié twee plante op die werf was toe die Van Stadens elf jaar gelede die eiendom gekoop het nie. “Met ons intrek was hier hoofsaakli­k groot bome, struike en agapante. Die huis is oorspronkl­ik in 1893 gebou en die twee pragtige jakarandas, ’n soetkasuur (Hymenospor­um flavum) en twee Robinia pseudoacac­ia ‘Frisia’-bome in die tuin staan vermoedeli­k reeds van die beginjare af hier.

“Ons het aanvanklik ’n gedeelte van die eiendom in erwe verdeel en verkoop. Die beddings in die oorblywend­e gedeelte het ek almal van nuuts af oorgemaak,” onthou Adele.

“Aanvanklik het Tracey Goodwin, ’n nou afgetrede landskapon­twerper, my gehelp met die uitleg van die tuin. Sy het my eerste rose, die ‘Icebergs’ langs die tennisbaan, geplant. Sy het ook nog agapante en nieskruid (Helleborus) geplant, wat natuurlik ’n hoogtepunt is in my wintertuin. Baie van die Abelias met hul blare in verskillen­de skakerings van groen is ook aan haar te danke.”

Sedert 2010 het Adele en Satiyere Gondwe, haar regterhand in die tuin, self ingespring. Adele het rofweg planne geteken en Satiyere het die beddings met tou uitgelê sodat hulle kon sien hoe dit gaan lyk. Daarna het sy op die kleurskema en die keuse van plante vir elke bedding besluit. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa