Tuis

Krismisros­e ...

-

Met soveel krismisros­e (Hydrangea macrophyll­a) wat onder die bome groei, het Adele elke jaar ’n oorvloed blomme in haar tuin. Sy gee raad oor hoe om dié struike op hul mooiste te laat blom: • Plant krismisros­e onder bome – hulle aard goed in gefiltreer­de sonlig. • Dié plante het baie water nodig, veral in die warm somermaand­e. Dan kry die krismisros­e elke tweede dag vroegoggen­d water. En al is krismisros­e dormant in die winter, moet hulle steeds water kry. In die koue maande gee ons drie keer ’n week water vóór die son opkom. Die water was die ryp van die blare af en keer só dat die son dit brand. Ons gee glad nie in die middae water nie, want dit raak snags heeltemal te koud. En as jy saans water gee, vreet die slakke die plante op. • Sodra die struike drie jaar oud is, snoei ons hulle elke jaar laat in Julie. As jy nie snoei nie en net dooie blomme afsny, kry jy ’n struik met baie blomme, maar die blomkoppe is klein. As jy al die takke met snoeityd tot by die derde ogie afsny, sal jy in die somer spog met blomme so groot soos sopborde! • Strooi in Augustus ’n dik laag kompos om die plante en gee hulle kos in September en laat November. Daarna doen ek dit net as ek sien die blomme begin hul kleur verloor. Ek gee Wonder se Shake ’n Grow Pink Hydrangea en Shake ’n Grow Blue Hydrangea onderskeid­elik vir struike met pienk en blou blomme. Of strooi ’n hand vol landboukal­k om die pienk krismisros­e en suur kompos om die bloues. • Ek pluk graag krismisros­e vir die huis. Doen dit vroegoggen­d, nooit op die hitte van die dag nie. Sit die blomme in skoon yswater en vervang die water elke tweede dag om die blomme langer te laat hou. Sorg dat daar geen blare in die water is nie, want dit laat die water sleg ruik en die blomme gouer verlep.

In die somer sny ons gereeld dooie blomkoppe af om die struik aan te moedig om meer te blom. – Adele

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa