Tuis

... en rose net waar jy kyk!

-

Adele plant haar rose met kleur en geur as riglyn. Hier is haar gunsteling­e: • Antico Moderno-rose in pastelkleu­re, soos ‘Dermalogic­a Passion’, ‘Una van der Spuy’, ‘Lyn Keppler’ en ‘Roberto Capucci’. Ek hou baie van dié tipe roos, omdat dit soos ouwêreldse rose lyk, maar die eienskappe van moderne rose het. Hulle blom herhalend deur die seisoen en die meeste ruik heerlik! Saam met dié rose plant ek graag artisjokke en pastelkleu­rige irisse wat die rose se kleure komplement­eer. • ‘Otto de Jager’ is ’n pragtige kersierooi roos wat net aanhou en aanhou blom. Daar is soms tot twintig rose aan een plant, met blomkoppe so groot soos pierings. • My mees geliefde rooi roos is ‘Mister Lincoln’. Dit het pragtige groot, geurige blomme in ’n ongeloofli­ke kleur. Dié roos kombineer ek met donkerpers irisse en blou agapante. • In die beddings by ons slaapkamer­s het ek net lekkerruik-rose. Ek het ‘People’s Princess’, ‘Porcelain’, ‘Memoire’, ‘New Zealand’ en ‘Graaf-Reinet’ – drie van elk – in dié beddings geplant. Terwyl die son ondergaan, is dié rose op hul geurigste! • Rose met meer as een kleur in die blom is ook vir my mooi. Ek het onder meer ‘Rosa Roedean’, ’n pienk roos met wit strepe; ‘Candy Stripe’, met donker- en ligpienk strepe, en die pers ‘Burning Sky’ met helderpien­k op die rand van die blomblare. • Oor roosboë in een deel van die tuin word ‘Salmon Panarosa’ en ‘Edgar Degas’ afgewissel. Elders versier rooi rankers soos ‘Archbishop Desmond Tutu’, ‘Don Juan’ en ‘Crimson Glory’ ’n volgende stel boë wat jou na die vormsnoeit­uin lei. • Ander gunsteling­e is ‘Rosemary Ladlau’, ‘Rina Hugo’, ‘Garden Queen’, ‘Oklahoma’ en ‘Double Delight’. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa