Tuis

HAM-SPEK-EN-MOSTERDGEV­ULDE KRANSBROOD

-

Genoeg vir een 30cm-krans Bereidings­tyd: 20 minute vir rol en vou, plus rystyd Baktyd: 30 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 250g spekrepies, gekap • sowat 1kg uitgerysde brooddeeg (tuisgemaak of gekoop) • sowat 45ml Dijonnaise of jou gunsteling-mosterd • sowat 12 skyfies gerookte ham • 12 skyfies mozzarella­kaas

1 Braai die spek stadig in ’n pan totdat die vet uitgebraai en die spek bros is. Laat afkoel.

2 Skep die bros stukkies spek (en die vet as jy wil) op die deeg en gebruik jou hande om dit in die deeg in te vou; dié aksie tel sommer ook as afknie. Die spek sal moeilik in-knie, so gebruik vou-aksies sodat die spek versprei en geurige lagies in die deeg vorm.

3 Rol nou die deeg met ’n koekroller plat uit in ’n groot reghoek. Gebruik ’n paletmes en lig die deeg van die oppervlak. Rol weer ’n bietjie uit indien die deeg te veel terugkrimp en maak seker dit plak nie weer vas nie.

4 Smeer die Dijonnaise oor die hele deegopperv­lak. Gebruik dan ’n groot, ronde snyer en sny die deeg in twaalf sirkels van sowat 12 cm in deursnee. Werk nou met een deegsirkel op ’n slag: Plaas ’n skyfie ham gevolg deur ’n skyfie kaas op die deeg en vou die deeg in ’n halfmaan oor die vulsel. Bring die twee punte van die halfmaan bymekaar en sit dit met die oop kant na bo teen die rand van ’n gesmeerde ringpan of op ’n bakplaat wat goed met kleefweren­de kossproei gespuit is. Herhaal met al die deegsirkel­s en pak die gevoude deeg styf in ’n sirkel om ’n mooi krans te vorm. Bedek met kleefplast­iek of ’n vadoek en laat rys tot dubbel die volume.

5 Voorverhit die oond. Bak die kransbrood vir sowat 30 minute of tot gaar en uitgerys. Sit warm of teen kamertempe­ratuur voor.

Die rokerige geur van brosgebraa­ide spek gekombinee­r met romerige mozzarella en dun skyfies ham maak dié partytjieb­rood ’n feestelike treffer!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa