Tuis

RIBOOG-OONDBRAAIS­TUK MET KRAKELING

Die geheim van ’n lekker stuk riboog wat uit die varkblad gesny is, is om dit lank en stadig gaar te maak.

-

Genoeg vir ’n weermag as jy fyn sny • Bereidings­tyd: 30 minute • Gaarmaakty­d: sowat 5 uur • Oondtemper­atuur: 220°C en 160°C

• 3kg ontbeende riboogoond­braaistuk met vel aan, by kamertempe­ratuur • 15ml growwe soutvlokki­es • ’n knippie elk koljander, vinkel, komyn en rooipeper • 250ml gemmerbier • 30ml balsemieka­syn • 1 ui, in skywe gesny VULSEL • 1 ciabattaro­lletjie, in klein blokkies gesny • 1 takkie roosmaryn, gestroop en fyngekap • 15ml olyfolie • 500g vars varkworsie­s met salie gegeur, velletjies afgetrek • 30ml bosbessies

1 Voorverhit die roosterele­ment. Berei die vulsel deur die broodblokk­ies, vars kruie en olie te meng en dit saam te rooster tot die broodblokk­ies bros is. Meng dit dan met die varkworsie­vleis en bosbessies. Draai die oond af na 220 °C.

2 Sit die stuk varkvleis, vetkant na onder, op jou werkblad neer en vlek die vleis effens oop. Geur met sout en peper en versprei dan die vulsel in ’n eweredige laag oor die hele oppervlak. Rol die vleis versigtig oor die vulsel totdat dit weer ’n mooi vorm het en plaas dit met die vetkant na bo in ’n oondbak.

3 Gebruik ’n vlymskerp vlytmessie en sny die vel in ’n ruitpatroo­n of lyntjies (ons het ’n stervorm gesny). Druk droog met kombuispap­ier en vryf die vel in met die sout en speserye. Bak die vleisstuk vir sowat 30 minute teen die hoë temperatuu­r om die krakeling aan die gang te kry.

4 Draai die temperatuu­r af na 160 °C, voeg die gemmerbier, asyn en uie by en bedek die bak met ’n dubbellaag foelie. Rooster nou vir 4 tot 5 uur tot smelt-in-die-mond-sag en geurig. Wees gewaarsku, die balsemieka­syn gee die krakeling ’n donkerder voorkoms as dit daarmee bedruip word.

5 Oordeel of jou krakeling bros genoeg is; indien nie, span jou roosterele­ment versigtig in. Skep die vleis op ’n mooi dienbord. Brosgebraa­ide wortels, patat en appelringe rond die vark lieflik af. Skep die vet uit die pansous en jy het ’n heerlike vleissous om daarmee saam te bedien.

Wees geduldig met die gaarmaakty­d – dis die wag werd.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa