Tuis

Dekordilem­ma

-

Badkamerbl­outes Edna Ellman van Gordonsbaa­i skryf Die ingang na ons en suite-badkamer is reg by die bed se voetenent. Daar is dus nie plek vir ’n gewone deur nie. Ek is op soek na ’n alternatie­we opsie wat nie baie ruimte in beslag gaan neem of te duur gaan wees nie. Jenny Collins van Red Cat

Design antwoord Daar is twee alternatie­we vir jou dilemma. My eerste voorstel is dat jy jou bed vervang met een wat nie ’n voetstuk het nie. Joune neem omtrent 20 cm waardevoll­e spasie tussen die bed en die badkamer in beslag. As jy minder as 70 cm tussen die voetenent en die badkamermu­ur het, kan jy ’n sagte verdeler soos ’n gordyn oorweeg. Pleks van gewone gordyne wat jy by ’n winkel koop, kyk uit vir ’n pragtige stuk lap met ’n interessan­te motief; dit sal die ruimte afbaken en terselfder­tyd ’n mooi fokuspunt vorm.

Skuifbare paneelblin­dings aan ’n spoor is ’n stylvolle alternatie­f vir gordyne. Dis soortgelyk aan vertikale blindings, maar elke lap-paneel is sowat 500 mm breed en jy skuif dit eenkant toe vir toegang tot jou badkamer.

Indien daar minstens 70 cm tussen die voetenent en badkamer-ingang is, het jy genoeg spasie om die opening toe te bou; jy kan ’n droëmuur oprig en net ’n opening as deurgang los.

As jy 80 cm of meer tussen jou voetenent en badkamer het, kan jy ’n skuifdeur installeer wat aan die smuktafel se kant oopmaak (’n gewone deur met skarniere sal nie in dié ruimte werk nie). ’n Skuurdeur op ’n spoor is baie gewild, maar ’n hortjiedeu­r of hortjies sal net so goed werk.

KONTAK redcatdesi­gn.co.za

 ??  ?? Groot bederf! Oorweeg dié hortjies van Taylor Window Blinds (taylorblin­ds.co.za).
Groot bederf! Oorweeg dié hortjies van Taylor Window Blinds (taylorblin­ds.co.za).
 ??  ?? Herwintwee­dehandse kothuisdeu­re.
Herwintwee­dehandse kothuisdeu­re.
 ??  ?? Die probleemru­imte
Die probleemru­imte
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa