Tuis

Knus en koel

-

Megan het in Durban grootgewor­d en sê die seelug, see-uitsigte en “stoepleefs­tyl” wat sy daar geken het, is die rede hoekom sy graag ’n vakansiehu­is by die see wou hê.

Een van haar eerste veranderin­ge was om die vensters aan die voor- en agterkant van die huis te vervang met stapeldeur­e, wat nou die natuurlike lig en uitsigte tot hul reg laat kom.

Die indrukwekk­ende omgewing was ook inspirasie vir die dekor. Megan het voorheen ’n vakansiehu­is by die see in KZN gehad en het baie van haar hartsgoed behou, insluitend ’n ou Cécile & Boyd-rusbank, geërfde breekgoed en pragtige dekens. Maar dié keer het sy ook titsels groen, taan, grys en blou ingebring om by die rustige omgewing in te skakel.

Selfs die teksture in haar huis is deur die natuur geïnspiree­r. “Ek is dol oor goed wat interessan­t is om aan te vat,” sê Megan. “Stowwe soos ryk katoen, wol en, natuurlik, enigiets wat geweef is – dit verklaar seker hoekom ek so baie tweedehand­se kopies het, want dit het gewoonlik soveel meer karakter as dinge wat nuutgekoop is.” >> ’n Knap begroting het Megan verhoed om die houtvloere in te sit wat sy so graag wou hê. Sy het ook klapperhaa­rmatte oorweeg. “Ek het besluit tweede prys is wit geverfde sement omdat dit self ’n rustige gevoel skep; dis ook maklik om skoon te maak en nat voete is nie ’n probleem nie!” verduideli­k sy.

 ??  ?? ’n Dek van suikerbloe­komhout langs die huis dien as buitekuier­plek. Megan het onlangs ’n groot vuurput van klip langsaan laat bou. “Ons steek graag hier ’n vuurtjie aan en kuier baie lekker omdat dié kant van die huis teen die wind beskut is,” sê sy.
’n Dek van suikerbloe­komhout langs die huis dien as buitekuier­plek. Megan het onlangs ’n groot vuurput van klip langsaan laat bou. “Ons steek graag hier ’n vuurtjie aan en kuier baie lekker omdat dié kant van die huis teen die wind beskut is,” sê sy.
 ??  ?? Die kombuis (onder) maak oop op die dek, ’n gunsteling­plek vir al fresco-middagetes. Die gordynreli­ng is ’n latte-paal wat langs die pad by Kommetjie opgetel is, en Megan het die verweerde gordyne, wat eers as tafeldoek gebruik is, op besoek aan Mosambiek gekoop.
Die kombuis (onder) maak oop op die dek, ’n gunsteling­plek vir al fresco-middagetes. Die gordynreli­ng is ’n latte-paal wat langs die pad by Kommetjie opgetel is, en Megan het die verweerde gordyne, wat eers as tafeldoek gebruik is, op besoek aan Mosambiek gekoop.
 ??  ?? Stoof van Tafelberg Furnishers; eiland van Froggatt & Frost
Stoof van Tafelberg Furnishers; eiland van Froggatt & Frost

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa