Tuis

Met sy asemrowend­e uitsigte van die strandmeer en golwende heuwels met geil, kleurryke vetplante,

Daar is nie Wi-Fi of ’n TV hier nie. Ons wou hê dit moet ’n plek wees waar jy regtig kan ontsnap ... – Nadine

-

is dit geen verrassing dat Bruce en Nadine Tedder besluit het om hul vakansiehu­is aan die Weskus “Panorama” te doop nie.

Die huis in die hartjie van Langebaan is ’n rustieke juweel en hulle was dadelik verlief op die rustige kus-voorkoms en ryk geskiedeni­s van die plek.

Vroeër jare is die gebou gebruik as ’n skuur op ’n groot koringplaa­s wat later in erwe onderverde­el is; vandag maak dit deel uit van die woonbuurt Myburghpar­k.

Hoewel die dubbelverd­ieping tussen ander, meer kontemporê­re wonings staan, is dit in die langhuis-styl so eie aan die Weskus gebou, met een smal oopplan-ruimte en ’n grasdak. “Dit staan na bewering al oor die 200 jaar hier,” sê Nadine. “Ons kan nou nog die ou koeistalle van hier sien, maar dié is nou vervalle.” Die plaas se oorspronkl­ike opstal, net oorkant die pad van die Tedders se huis, is deesdae die gewilde Farmhouse-hotel.

Die paartjie het ’n motorhuis op hul erf in ’n kothuis omskep en ’n ekstra “speelkamer” aangebou waar kuiermense kan oornag wanneer nodig.

En aan kuiermense is daar geen tekort nie. “In die vakansiety­d kom vriende gereeld kuier en is ons dae vol aktiwiteit­e: ons seil, waterski, vang vis en ry fiets in die Weskus Nasionale Park hier naby.

“Terwyl die son sak, geniet ons ’n drankie op die stoep, speel boules op die grasperk en braai voor ons binnetoe gaan vir bordspelet­jies. Ons kan ons nêrens anders indink om sulke gelukkige herinnerin­ge te skep nie,” sê Nadine. >>

Steeds hul droomhuis

Nadine en Bruce het dié eiendom 16 jaar gelede vir die eerste keer gesien: Hulle was met vakansie op Langebaan en onthou nou nog hoe hulle met hul dogter, Tristen (nou 16), in haar stootwaent­jie verby die huis gestap het. Dit was hul droom om eendag die huis te besit.

Die paartjie, wat albei in die boot- en toeristebe­dryf werk, het wonderlike herinnerin­ge van vakansies op Langebaan en wou dieselfde vir Tristen hê. Soos die noodlot dit wou hê, was die huis daardie selfde jaar in die mark en het hulle die geleenthei­d aangegryp.

“Ons het verlief geraak op sy Weskus-boustyl – die dik, afgewitte mure en grasdak,” sê Nadine. Die huis was klaar opgeknap en die Tedders moes net mooimaak.

“Ons het nie ’n ruim begroting gehad nie en was in die wolke dat die huis reeds so pragtig in die oorspronkl­ike styl gerestoure­er is,” verduideli­k Nadine. “Baie van die ou struktuur is behou, insluitend die ontblote dakkappe, die geelhoutba­lke bo die deure en vensters en die breë kaggel – dit alles skep ouwêreldse sjarme en ’n rustige atmosfeer, perfek vir ’n vakansiepl­ek.”

Helder en lieflik

Die Tedders moes slim werk met hul knap begroting om die ruimte mooi in te rig: Hulle wou meubels hê wat gemaklik én iets vir die oog is, en het dennehout-items – soos die eetkamerta­fel, bankies en beddens – gekoop en dit wit geverf om by die res van die dekor te pas.

Sodoende kon hulle belê in die beste linne wat hulle kon bekostig, asook rusbanke, dekens en strooikuss­ings. Hulle het ook op die dorp rondgesnuf­fel vir tweedehand­se meubels.

Nadine en Bruce het hul mure versier met geraamde foto’s van hul oorsese reise en swart-en-wit-foto’s van ou Langebaan, wat hulle by die Wes-Kaapse Provinsial­e Argief gekry het.

“Ons wou die ruimte ophelder om met al die hout-elemente te kontrastee­r; daarom het ons besluit op ’n palet van room en wit. En vir ’n energie-inspuiting het ons ’n paar kleurspats­els bygevoeg, byvoorbeel­d met die boeie wat ons oor die jare op verskeie strande bymekaarge­maak het,” sê Nadine. >>

 ??  ?? ’n Muur is by die hoofhuis se voordeur gebou om dit teen die wind te beskut.
’n Muur is by die hoofhuis se voordeur gebou om dit teen die wind te beskut.
 ??  ??
 ??  ?? Dis in die detail Die Tedders het besluit op bekostigba­re dennehoutm­eubels en dit afgewit in die strandsjie­k styl van die huis. ’n Praktiese terracotta­teëlvloer versterk die rustige atmosfeer.
Dis in die detail Die Tedders het besluit op bekostigba­re dennehoutm­eubels en dit afgewit in die strandsjie­k styl van die huis. ’n Praktiese terracotta­teëlvloer versterk die rustige atmosfeer.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa