Tuis

Boonste vloerplan

-

Die plafon van bekiste beton en ’n Flowcrete-sementvloe­r komplement­eer die neutrale palet waarvoor Vilhéta so lief is. Dit pas haar raakvatman­ier van doen. Sy hou van fieterjasi­elose, praktiese afwerkings – veral wanneer sy vakansie hou.

Ons het alles op ons wenslys gekry. Die goedkeurin­gsproses was ewe maklik, want die argitek het binne die riglyne gebly... en al die bure was tevrede.

– Vilhéta

Outentieke karakter

Die natuurlike fontein wat deur die erf loop, het nie die bouproses vergemakli­k nie. “Die bouer moes letterlik ’n ‘dam’ bou wat die fonteinwat­er gedurende die werkery opgevang het. Daarvandaa­n is die water uitgepomp.” Weens die grondwater is daar ook op ’n vlotfondam­ent besluit.

Hoewel die Blikhuis volledig van bakstene gebou is, is dit met Colorbond-dakplate beklee. “Die voordeel hiervan is dat die huis nou ’n dubbele spoumuur het,” verduideli­k Vilhéta. “Dit maak die huis koeler in die somer en warmer in die winter. Ek is die praktiese een in die huis en was eers glad nie te vinde vir die ‘sink-idee’ nie, want ek was bang vir roes so langs die see! Maar ek het my laat ompraat, want dit was ‘anders’!” En ’n groot pluspunt is dat dié bekleding nie geverf hoef te word nie, vertel sy ingenome.

Al lyk dit dalk op die oog af vreemd, slaan die ontwerp terug na die oorspronkl­ike sinkplaat-vissershui­sies op Stilbaai; dit het gehelp met die munisipale goedkeurin­g. “As dit nie vir die dakplate was nie, sou ons dalk gesukkel het om die andersins moderne huisplan deurgevoer te kry – die plate gee dit juis daardie ‘ou’ gevoel.”

Hoewel Vilhéta haar deur die andersheid van die bekleding laat ompraat het, is die vloer haar eintlike hoogtepunt. Hulle het die eerste keer van Flowcrete, ’n Duitse produk, bewus geword by hul plaaslike vrugtemark waar vurkhysers oor die vloer ry sonder dat dit enigsins beskadig word.

“Dit was aanvanklik moeilik om die regte vloerafwer­king te kies, maar toe ons op dié produk afkom, was al ons vrese besweer. Boonop is dit nie koud onder jou voete of glad as dit nat word nie.”

Dekor

Toe die Retiefs destyds die eiendom gekoop het, was dit met meubels en al. “Die vorige eienaar se seun, by wie ons die huis gekoop het, het ons mooi gevra om tog nooit die stoepstoel­e te verkoop nie. Ons het dit nou nog, hoewel ons dit nuut laat oortrek het.” Die bitter swaar stoele is van ysterhout gemaak en het sparretjie­s aan die kante.

Vilhéta vertel sy het die huis se binneversi­ering self behartig. “’n Vriend van ons het al die ander houtmeubel­s gemaak. Aangesien die kamers maar klein is, moes ons op baie presiese mate werk, wat uiteraard beperkend was.”

Tog, sê sy, dwing dit ’n mens om prakties te werk te gaan, wat materiaal én ruimte aanbetref. “Ek glo immers ‘less is more’!”

 ??  ?? Slim plan In ’n seehuis het jy genoeg hangplek vir handdoeke, strandsakk­e en allerlei vakansie-dinge nodig!
Slim plan In ’n seehuis het jy genoeg hangplek vir handdoeke, strandsakk­e en allerlei vakansie-dinge nodig!
 ??  ?? Die slaapkamer­s se plafonhoë skuifdeure is groter as standaard-binnedeure en dra by tot die oop gevoel reg deur die huis. Wanneer die reuseskuif­deure in die gang heeltemal oop staan, verbind dit die slaapkamer­s met die binnehof. Kussings en deken van Biggie Best
Die slaapkamer­s se plafonhoë skuifdeure is groter as standaard-binnedeure en dra by tot die oop gevoel reg deur die huis. Wanneer die reuseskuif­deure in die gang heeltemal oop staan, verbind dit die slaapkamer­s met die binnehof. Kussings en deken van Biggie Best
 ??  ?? Vilhéta se liefde vir neutrale kleure is ook te sien in die badkamers, wat almal dieselfde afwerking het.
Vilhéta se liefde vir neutrale kleure is ook te sien in die badkamers, wat almal dieselfde afwerking het.
 ??  ?? Die hoofslaapk­amer is op die boonste vlak, in die dakruimte. Die bed kyk reguit see toe, en so ook die stort in die en suitebadka­mer. Blou deken van Biggie Best
Die hoofslaapk­amer is op die boonste vlak, in die dakruimte. Die bed kyk reguit see toe, en so ook die stort in die en suitebadka­mer. Blou deken van Biggie Best

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa