Tuis

Ter wille van ’n tikkie kleur

-

Patricia Finlay van Noordhoek skryf Ek wil graag my sitkamer opkikker met kleur. Ek wil ook ’n mat vir die vloer koop en die TV-stel skuif; die kas sal elders beter werk. Enige voorstelle? Jani Augustyn-Goussard van Paint & Décor

antwoord Wat ’n lieflike vertrek! Al ken ek nie jou stylof kleurvoork­eure nie, het ek met vier idees vorendag gekom om ’n skeut kleur by te voeg. Ek glo sterk aan verf omdat dit so ’n onmiddelli­ke veranderin­g teweegbrin­g teen ’n breukdeel van die prys wat nuwe dekor of meubels jou sal kos.

Die lastigheid van dié vertrek is dat die televisie die aandag trek na ’n muur wat elemente in soortgelyk­e vorms het: die TV en twee vensters is almal reghoeke. Dan het jy ook ’n spitsdak. Oorweeg dié opsies wanneer jy jou oormaak beplan.

Opsie A

Om die reghoekige vorms te balanseer kan jy ’n donker kleur teen die muur beproef wat die TV minder prominent sal maak. Oorweeg Dekriet van Paint & Décor se ekovriende­like verfreeks, of ander donkerder skakerings soos Western Myall van Dulux of Thames Dusk van Plascon. Ek stel ook voor jy gebruik ’n lae TV-eenheid wat van een kant van die vertrek na die ander kant strek. Houthortji­es teen die vensters sal ’n aardse element inbring wat goed saam met enige kleurskema werk.

Opsie B

Dié voorbeeld gebruik ’n bietjie meer kleur, en hier is die TV ook al reghoek wat met die mure kontrastee­r. ’n Goeie plan is om die hortjies dieselfde kleur as die muur te verf! Jy kan ook detail byvoeg met ’n muurstensi­l (Paint & Décor hou dit aan). Ek sou die lieflike kandelaber in dieselfde of ’n soortgelyk­e skakering as die mure of die stelsilpat­roon verf vir eenvormigh­eid.

Opsie C

Vir dié voorkoms sou ek nie ’n moderne TV-eenheid kies soos dié hierbo nie, maar ’n rustieke kas met baie tekstuur en geverf in ’n helder kleur. Verf die hortjies in ’n kleur wat die skakering teen die muur komplement­eer (groen en blou is langs mekaar op die kleurwiel). Karoonag van Paint & Décor is ’n pragtige diep blougroen wat goed sal werk saam met groen skakerings; so ook Fat Alley Cat van Plascon vir ’n ryk persblou saam met die groen. En verf jou kandelaber heldergeel vir ekstra oemf!

Opsie D

Jy kan ook die botaniese paadjie stap met ’n trendy diepgroen muur; probeer Follow Me van Paint & Décor, Emerald van Dulux of Mayor Green van Plascon. Bring ’n hout-TV-eenheid in wat by jou vloer pas en kies blindings wat soos kunswerke weerskante van die TV sal lyk. Jy kan die lap laat druk met enige botaniese afdruk wat ons by Paint & Décor aanhou; anders kan jy by jou gunsteling-lapwinkel gaan rondsnuffe­l vir iets wat in jou smaak val. >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa