Tuis

Komkommerk­oel

-

Lily White van Johannesbu­rg skryf Ek maak graag peuselhapp­ies vir my honde; het julle ’n resep vir iets koels vir die warm somerdae?

Sr. Valdette Muller, eienaar van die aanlynwink­el shingavet.co.za, antwoord Net soos ons geniet ons vierpootki­nders dit ook om aan iets koels te knibbel. Hier’s vir jou ’n maklike yslollie-resep: Wat jy nodig het • ’n wortel, gerasper (dit sal die water geur en die ys ’n mooi oranje kleur gee) • ’n appel, gerasper • hondebesku­itjies van jou (of jou troeteldie­r se) keuse • hoenderaft­reksel met ’n lae soutinhoud • water • waterbesta­nde speelgoed Metode

1 Sny ’n gat in die deksel van ’n leë plastiekho­uer soos ’n margarienb­ak – net groot genoeg dat die steel van ’n houtlepel daardeur kan glip.

2 Meng die wortel, appel, koekies en aftreksel met net genoeg water om die plastiekba­k te vul.

3 Sit die speelgoed en houtlepel ook in die bak. Maak die deksel toe, met die houtlepel se steel wat by die gat uitsteek. 4 Sit in die vrieskas om te vries. 5 Wanneer dit heeltemal bevrore is, haal die deksel af, draai die “lollie” onderstebo en druk die houtlepel se steel in die gras.

6 Haal die plastiekba­k af – en nou kan die pret begin! Die ys en speelgoed sal jou troeteldie­r ure lank besig hou, en terselfder­tyd lekker afkoel.

KONTAK shingavet.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa