Tuis

Net drie jaar gelede het Ramona Afonso nog niks geweet van tuinmaak nie.

-

Nou kan sy haar nie ’n lewe voorstel sonder haar geliefde tuin, ’n romantiese lushof waaroor die soet geur van rose en laventel hang, nie.

Sy en haar man, Nuno, was in 2017 met hul kombuisopk­nap die naaswenner­s in Tuis se Regruk met Flair-kompetisie. Ramona, ’n ontwerper, het ’n klein dekorsaak, Ruffles and Rust, en is ook kreatiewe direkteur van die maatskappy Busby Promo.

Sy erken self tuinmaak was nooit juis deel van haar bestaan nie. “Ons het voorheen in ’n kothuis by my ouers in die suide van Johannesbu­rg gebly,” verduideli­k sy. “Al blomme wat ek geken het toe ons vyf jaar gelede hier ingetrek het, was laventel en krismisros­e.”

Die tuin op ’n 1 500 m²-erf was gevestig toe hulle die huis gekoop het. “Dit was mooi, maar outyds. Hier was baie groot bome en blombeddin­gs met kurwes, omring deur ’n grasperk. En seker vier roosbome. Al is ek hoe lief vir bome het ek twee yuccas uitgehaal, en die laventelbo­sse voor die slaapkamer­vensters vervang met ’n verskeiden­heid rose.’’

Toe Ramona begin tuinmaak, het sy geen idee gehad hoe haar tuin presies moet lyk nie. “Dit het net ontwikkel,” sê sy. “Wanneer ek enige ontwerp doen, neem dit waaraan ek werk ’n lewe van sy eie aan. Ek gaan net daarmee saam. As dit werk, werk dit en bou ek voort daarop. Ek is nie ’n landskapku­nstenaar nie en leer maar soos ek aangaan. Oor twee jaar sal my tuin anders lyk; ouer en mooier wees. ’n Tuin is seker nooit klaar nie ...”

Vandag is Ramona se tuin ’n groot deel van haar lewe. “Dis terapeutie­s. Ek werk omtrent elke dag in die tuin – soggens, terwyl ek my tee daar drink, en weer smiddae.” Een keer per week kom help ’n tuinier. “Ek beplan alles en merk uit wat ek gedoen wil hê. Ons het ’n boorgat en ’n besproeiin­gstelsel en maak elke sone in die tuin elke dag ’n uur lank nat.’’

Ek is lief vir rose; ek kan my nie ’n lewe daarsonder voorstel nie. Ek pluk rose en rangskik hulle in die slaapkamer, badkamer, kombuis ... – Ramona

 ??  ?? In die somer tree wit ‘Iceberg’-rose in die kollig voor die fontein.
In die somer tree wit ‘Iceberg’-rose in die kollig voor die fontein.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa