Tuis

Passie vir rose

-

Ramona het eers begin tuinmaak nadat sy drie jaar gelede ’n bustoer, gereël deur Ludwig’s Roses, saam met ’n vriendin meegemaak het. “Ons het vier roostuine besoek,” vertel sy. “Daar was massas rose van allerhande soorte. Dis toe dat ek die ‘Sharifa Asma’-roos van David Austin die eerste keer gesien het. Sy ligpienk kleur en wonderlike geur was onweerstaa­nbaar en ek was dadelik verlief op al wat ’n roos is.

“Ek het ’n romantiese tuin geskep deur meer as 350 roosbome te plant op die wyse waarop Europese tuiniers dit deesdae doen: Ek bedek die area rondom die rose met ander blomplante en grondbedek­kers sodat niks grond wys nie. Op die tradisione­le manier word niks saam met roosbome geplant nie, sodat hulle al die voeding uit die grond kry. Tog is dit nie nodig nie. Dit lyk vir my ook te formeel en skep nie die landelike voorkoms waarvan ek hou nie.

“Ek is gek na die geurige outydse rose van die Britse rooskweker David Austin,” vertel sy. “Ek plant ook graag ‘Iceberg’-rose in die agtergrond. Dit laat my ander plante nog mooier vertoon.”

Ramona doen heelwat navorsing oor tuinmaak en plante. “Ek kyk graag na YouTube-video’s en loer wat is nuut op Pinterest. Ek het ’n Pinterest-bord met ’n lys van al die rose in my tuin.’’ >>

Ek sal enige plek in die wêreld gaan bly, solank ek daar kan tuinmaak. – Ramona

 ??  ?? Vormgesnoe­ide wit ‘Iceberg’rose maak ’n spoggerige vertoning in dié deel van die tuin, waar laventel die paadjies versag. Ramona gebruik die wit tuinhuisie langs die swembad om plantjies te kweek. ’n Netjies gesnoeide heining van Duranta ‘Sheena’s Gold’ omring ’n waterglans­punt.
Vormgesnoe­ide wit ‘Iceberg’rose maak ’n spoggerige vertoning in dié deel van die tuin, waar laventel die paadjies versag. Ramona gebruik die wit tuinhuisie langs die swembad om plantjies te kweek. ’n Netjies gesnoeide heining van Duranta ‘Sheena’s Gold’ omring ’n waterglans­punt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa