Tuis

Franse kleur en geur

-

’n Dubbele oopswaaide­ur lei uit die hoofslaapk­amer na ’n stoepie onder ’n prieel. Hier wieg ’n kristalkan­delaber liggies in die wind en loer die pienk blomme van ’n ‘Fandango’-rankroos deur die blare en druiwetros­se van ’n wingerdsto­k.

Ramona beskryf haar tuin só: “Dit het ’n Franse voorkoms en ’n landelik Franse gevoel. Ek het nog altyd gehou van ’n ouwêreldse karakter. Met dit in gedagte het ek die ou gras met gruis vervang en paadjies gemaak met sementblok­ke omring deur gruis. Omdat dit goedkoper is, het ons die growwer bouersgrui­s gebruik. Dit lyk mooi, maar is moeiliker om op te loop!’’

Die kunssinnig­e Ramona speel met die blomkleure in haar tuin soos ’n skilder met ’n verfkwas. “Die blomme is oorwegend sagte skakerings van pienk,’’ vertel sy. “Hier is glad nie rooi blomme nie; dit sou bots met die sagte, romantiese kleure.’’

Laventel pas natuurlik perfek in dié tuinstyl. “Ek snoei die laventelbo­sse wat in ’n ry geplant is sodat dit ’n heining vorm,’’ verduideli­k Ramona. “Ander snoei ek weer in ’n ronde vorm. Die snoeiery verleng die lewe van laventelpl­ante, en die beste tyd om dit te doen is net voordat dit harde stokke vorm.’’

Teen ’n ligte muur in die tuin het sy op een plek net wit blomme geplant – varkore, krismisros­e en vingerhoed­jies met lang trosse blomme. En rondom ’n groot koelteboom is blomme in skakerings van pers. Sy het ook honderde verskillen­de baard-irisse in suurlemoen­geel, perske en pers. “Baard-irisse pas besonder mooi in die kleurskema,” vertel sy. “Ek bestel dit aanlyn by die Mooiplaas Iris & Daylily-kwekery in Centurion en laat hulle aflewer.

“Salies (Salvia officinali­s), wat in verskillen­de kleure voorkom, en koringblom­me (Scabiosa atropurpur­ea) in kleure soos wit, pers en blou, is ook vir my mooi. Voor die blombeddin­gs het ek die geelgroen struik

Duranta ‘Sheena’s Gold’ geplant en in ’n heining gesnoei.’’ >>

 ??  ?? ‘Iceberg’-rose verfraai een van talle kuierhoeki­es in Ramona se tuin.
‘Iceberg’-rose verfraai een van talle kuierhoeki­es in Ramona se tuin.
 ??  ?? Wit bougainvil­lea
Wit bougainvil­lea
 ??  ?? Die rose ‘Sharifa Asma’ en ‘Princess Alexandra of Kent’ verskaf sagte pienk kleur voor die slaapkamer­vensters.
Die rose ‘Sharifa Asma’ en ‘Princess Alexandra of Kent’ verskaf sagte pienk kleur voor die slaapkamer­vensters.
 ??  ?? Rondom ’n groot koelteboom groei ‘My Granny’-, ‘Simplicity’- en ‘Burgundy Iceberg’-rose, met lamsore (Stachys byzantina) teen die grasrand.
Rondom ’n groot koelteboom groei ‘My Granny’-, ‘Simplicity’- en ‘Burgundy Iceberg’-rose, met lamsore (Stachys byzantina) teen die grasrand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa