Tuis

Bloukaas-enbeetterr­ien

-

Aanbieding is alles as dit by dié terrien kom. Omdat beet enigiets waaraan dit raak vinnig pienk kleur, moet jy versigtig werk terwyl jy dié laag-op-laagskeppi­ng maak. Genoeg vir 1 mediumgroo­t broodpan Bereidings­tyd: 10 minute

• 3 gaar bete, dungesny • 6 aarbeie, dungesny • 200g romerige bloukaas, gekrummel • 125ml mascarpone • varsgemaal­de swartpeper • ment- en basilie-mikroblare

1

Voer ’n broodpan of vorm met kleefplast­iek uit. Pak ’n laag beet en aarbeie; laat hulle effens oorvleuel om ’n soliede basis te vorm.

2 Meng die bloukaas en mascarpone en skep die helfte daarvan versigtig op die beet; druk dit vas in ’n egalige laag.

3 Strooi die peper en kruie oor voordat jy nog ’n laag beet en aarbeie byvoeg.

4 Skep die res van die kaas bo-op – smeer dit weer glad – en eindig met ’n laaste laag beet en aarbeie. Om voor te sit, keer die pan om op ’n mooi dienbord en haal die kleefplast­iek af. Garneer met ekstra peper en kruie en sit voor met melba-roosterbro­od of kraakbesku­itjies. Hoender parmesaan “Ek is dol oor hoe dié eenvoudige kombinasie van geurige krummelhoe­nder, pesto, pasta en marinaraso­us lyk – dis altyd ’n apploustre­kker!” sê Ramona. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 30 minute

• 6 hoenderbor­sfilette • sowat 250ml tuisgemaak­te broodkrumm­els • 180ml gerasperde parmesaan • 1–3 knoffelhui­sies (na smaak) • 1 bossie vars kruie soos origanum, pietersiel­ie en tiemie • ’n goeie knippie paprika • 3 eiers • sowat 200ml meel • olie vir vlakbraai • 6 skyfies mozzarella • 6 takkies tiemie • sowat 80ml basiliepes­to • sowat 300g pasta • vars basilie MARINARASO­US • 15ml olyfolie • 1 ui, gekap • 1 knoffelhui­sie, gekap • 1 blik heel tamaties • 3 vars tamaties, gerasper oor die groot gate van ’n vierkantig­e rasper • 3 takkies vars origanum • ’n goeie knippie droë rissies • ’n goeie knippie suiker • 125ml room

1 Maak die sous Verhit die olyfolie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die ui tot glansend. Voeg die knoffel by en roerbraai nog ’n minuut. Voeg die tamaties, kruie, speserye en suiker by. Gebruik ’n aartappeld­rukker om die heel tamaties te verpulp. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut liggies, onbedek, terwyl jy die hoender gereed kry. Hou ’n oog op die sous se dikte.

2 Maak ’n insnyding aan die onderkant van elke hoenderbor­sie om dit oop te vlek. Sit dit dan tussen twee lae kleefplast­iek en kap met ’n vleishamer tot dit sowat 1 cm dik is.

3 Meng die broodkrumm­els, 120 ml van die parmesaan, knoffel en kruie in ’n voedselver­werker. Geur met paprika, sout en peper en meng goed. Keer uit in ’n vlak bak vir die doopslag. Klits die eiers saam met die oorblywend­e parmesaan in ’n vlak bak en geur met ’n knippie sout en peper; hou die meel in ’n derde bak.

4 Doop die voorbereid­e hoender in die meel, dan die eiers, en laastens in die gegeurde krummels. Laat dit vir 10 minute in die yskas rus sodat die krummels kans kry om goed te kleef voor jy dit braai.

5 Voorverhit intussen die oond en bring die pastawater tot kookpunt. Vlakbraai die hoender aan weerskante tot mooi bruin. Doen dit in sarsies indien nodig sodat jou pan nie oorvol is nie. Sit die gebraaide hoender op ’n bakplaat, voeg die mozzarella en tiemie by en bak vir sowat 8–10 minute of tot die kaas begin borrel. Kook die pasta tot al dente en meng met die pesto. Voeg die room by die marinaraso­us en geur na smaak met sout en peper.

6 Om voor te sit Skep ’n lepel marinaraso­us op elke bord, gevolg deur ’n porsie pestopasta. Plaas ’n hoenderbor­sie bo-op en garneer met ’n paar vars basiliebla­re. >>

Ek maak gereeld ’n dubbelpors­ie marinara en sit dit in die vrieskas. – Ramona

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa