Tuis

Kofta met tzatziki

-

“Met die afsterwe van my ma se suster, Tannie Tilly, het die familie ’n spesiale resepteboe­k gemaak met al ons gunsteling­e, ook kofta, en staaltjies wat aan haar herinner. Die kofta haal amper nooit die tafel nie – dís hoe lekker dit is,” sê Ramona. Lewer sowat 18 Bereidings­tyd: 20 minute, plus 1 uur staantyd en 2 uur afkoeltyd Gaarmaakty­d: 15 minute

• 500g maer maalvleis • 1 groot ui, fyngekap • 1–3 knoffelhui­sies, fyngekap • ¼ teelepel fyn gemmer of 1cm vars gemmer, geskil en gekap • 3 snye brood, gekrummel • sowat 60ml platblaarp­ietersieli­e, gekap • sowat 30ml vars ment, gekap • vars rissie, gekap (opsioneel) • olie vir vlakbraai TZATZIKI • 1 groot komkommer, fyngeraspe­r • 1 knoffelhui­sie, fyngekap • 250ml dik, ongegeurde jogurt • 10ml fyngekapte ment • sap van 1 suurlemoen • ’n skeut olyfolie

1 Maak die tzatziki Strooi 1 teelepel sout oor die gerasperde komkommer. Laat dit sowat ’n uur in ’n vergiettes staan om die water uit te trek. Druk al die ekstra vog uit en meng met die res van die bestanddel­e. Verkoel vir 2–3 uur voor jy dit voorsit.

2 Vir die kofta, verwerk al die bestanddel­e, behalwe die olie, in ’n voedselver­werker. Rol met nat hande in balletjies en vlakbraai in olyfolie in sarsies tot goudbruin oraloor. Dreineer op kombuispap­ier en sit voor met die tzatziki en ekstra suurlemoen­skywe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa